Local sportSport

Langasem van Rietfontein voltooi 30 agtereenvolgende Cormardes maratahons

Om 30 Comrades marathons te voltooi is ‘n reuse prestasie, maar om dit soos ‘n atleet van Rietfontein in Pretoria in 30 agtereenvolgende jare te vermag is werklik uitsonderlik.

Rekord het onlangs berig oor Johann van Eeden van Akasia, wat vanjaar sy 40ste Comrades marathon voltooi het en sy vierde lourierkrans op sy permanente wedloopnommer ontvang het.

Nóg ‘n Pretorianer wat vanjaar dié moordende ultramarathon voltooi het, kan spog met ‘n nuwe lourierkrans op sy nommer. Werner Kriel van die Fit Pretoria Atletiekklub in Rietfontein het vanjaar sy 30ste Comrades voltooi en hy het dus sy derde lourierkrans ontvang.

Kriel is ook die voorsitter van Fit Pretoria. Om sy prestasie nog meer merkwaardig te maak het hy dié mylpaal in sy 30ste agtereenvolgende Comrades behaal. Hoewel die wedloop vanjaar effens verder was as vorige ‘af’-Comrades wedlope, kan Kriel trots wees op sy goeie tyd van 8:31,34.

Volgens Kriel word dit nooit makliker nie en vanjaar het hy met tye weer swaar gekry op die pad. Die glorie van ‘n 30ste suksesvolle Comrades maak alles egter die moeite werd.

Nie een van die Comrades wedlope wat hy die afgelope drie dekades voltooi het was dieselfde nie, maar oor een ding is Kriel seker – hulle was almal moordend.

“Dinge loop soms verkeerd en selfs al is jou beplanning fyn uitgewerk, is daar altyd op die dag van die wedloop uitdagings. Maar as daar een ding is wat jy op daardie roete tussen Pietermaritzburg en Durban leer is dit vasbyt en deursettingsvermoë. Daarsonder sou ek dit nie kon maak nie,” het Kriel by nabetragting gesê.

Kriel word ook beskou as die ideale mentor vir nuwelinge en minder ervare atlete wat die wedloop wil aandurf. Hy het ‘n groot aandeel gehad in die sukses van nog elf atlete van Fit Pretoria wat vanjaar die wedloop voltooi het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button