Local sportSport

Centurion Rugbyklub verloor steunpilaar

‘n Veteraan administrateur en afrigter by die Centurion Rugbyklub is verlede week oorlede.

Die rugbyfamilie van Centurion Rugbyklub is in rou gedompel met die skielike afsterwe van een van dié klub se legendes.

Wally Victor (57) is verlede week skielik oorlede. Hoewel die nadoodse ondersoek ter bevestiging nog afgehandel moet word, lyk dit of Victor ‘n hartaanval gekry het terwyl hy sy motor bestuur het. Die motor het teen ‘n boon in Krugerstraat, Lyttelton, gebots.

Dié geliefde rugby-administrateur het reeds in die middel 1980’s by die destydse Verwoerdburg Rugbyklub betokke geraak en hy het dus ‘n verbintenis van meer as 30 jaar met klubrugby in Centurion gehad.

Hy was veral geliefd by die Jeugklub en onder die jonger spelers, met wie hy vir die grootste deel van sy loopbaan as afrigter gewerk het.

Nadat hy aanvanklik as afrigter by die Jeugklub betrokke was, het Victor in die vroeë 1990’s die klub se onder-21 span onder hande geneem. Onder sy leiding het dié span destyds gevorder tot kampioen in die Blou Bulle se onder-21 liga.

In die laat 1990’s het die Blou Bulle rugby-unie Victor betrek as afrigter van die unie se senior amateurspan.

Centurion Rugbyklub het kort na die draai van die eeu ontstuimige tye beleef en dit was juis in dié tyd dat Victor een van die klub se standvastige leiers was wat ‘n groot rol gespeel het om stabiliteit te bring. Tussen 2002 en 2004 was hy as afrigter betrokke by die klub se Carltonbeker span.

Hoewel afrigting sy groot passie was, het Victor ook as administrateur uitgeblink. Hy het baie jare op die bestuur van die Centurion Jeugrugby klub gedien en in die 2014 en 2015 seisoene het hy die senior klub ook gelei as voorsitter.

Victor het ‘n senior bestuurspos beklee by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Hy word oorleef deur sy verloofde Annalé van Eeden en sy bejaarde moeder, wat in die Oos-Kaap woonagtig is. Begrafnisreëlings sal op die Centurion Rugbyklub se Facebook blad gepubliseer word sodra dit bekend is.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button