Local sportSchool sportSport

Oos-Moot deur na halfeindstryd in Virseker Beker

Hoërskool Oos-Moot se eerste rugbyspan speel eerskomende Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Lichtenburg in die halfeindstryd van die Skild-afdeling van die Virseker Beker toernooi.

Ná hul naelskraapse nederlaag teen Hoërskool Ben Vorster in die heel eerste wedstryd van die Virseker Beker toernooi, het Hoërskool Oos-Moot se eerstespan amok gemaak in die res van hul ligabepalings.

Die Oosies het ses wedstryde agtereenvolgens gewen in die Skild kompetisie van die Virseker Beker toernooi, waar hulle vanjaar ingedeel is. In die proses het hulle met top skole soos Pietersburg (40-19), Hugenote (63-3), Middelburg (41-32), Florida (45-3), Lichtenburg (44-12) en Jeugland (74-14) afgereken.

Ná hierdie kragvertonings het Oos-Moot tweede op die Skild kompetisie se punteleer geëindig en dit beteken dat hulle eerskomende Saterdag op hul tuisveld weer teen Lichtenburg te staan sal kom in die halfeindstryd.

Oos-Moot se onder-16 span is ook deur na die halfeindstryd, maar hulle moet ongelukkig Saterdag na Tzaneen reis om op Ben Vorster se sportterrein teen Hugenote te speel.

Die eerstespan se wedstryd sal die hoogtepunt wees van ‘n feesdag van rugby op Oos-Moot se veld. Die aksie sal reeds om 08:30 begin met die onder-14 halfeindstryd tussen Florida en Ben Vorster. Daarna volg die stryd tussen die onder-15 spanne van Ben Vorster en Lichtenburg (09:40), terwyl Middelburg en Jeugland se onder 16 spanne om 10:45 in die derde wedstryd in aksie sal wees.

Oos-Moot se eerstes sal om 12:00 teen Lichtenburg uitdraf.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button