Local sportSchool sportSport

Plattelanders gee stadsjapies pak in C-bond interhoër

Soos verlede jaar, is die deelnemers uit die stadsgebied vanjaar weer deur ‘n skool van die platteland geklop in Pretoria se C-bond interhoër atletiekbyeenkoms.

Die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit het Woensdag in die Tuks Atletiekstadion met ses plaaslike Pretoria-skole, asook Hoërskool Harbeespoort, afgereken het in Pretoria se C-bond interhoër atletiekbyeenkoms.

Hiermee het Erasmus die tendens van verlede jaar voortgesit, toe die plattelandse spanne ook dié byeenkoms oorheers het. Hoërskool Brits het verlede jaar die byeenkoms gewen, terwyl Erasmus toe tweede was.

Erasmus (808.5 punte) sal dus volgende jaar deel word van Pretoria se B-bond interhoër.

Hoërskool Wonderboom was vanjaar in die tweede plek (785.5 punte), gevolg deur Curro Hazeldean (688 punte), Hoërskool Uitsig (609.5 punte), Hoërskool Hartbeespoort (582.5 punte), Hoërskool Hendrik Verwoerd (568 punte) en Hoërskool Gerrit Maritz (554 punte).

‘n Interessante tendens by die byeenkoms was dat Erasmus se meisies in ‘n groot mate vir die skool se sukses verantwoordelik was. Hulle het ‘n reuse 456 punte tot die skool se totaal bygedra. Hierdie tendens het ook by Hendrik Verword en Hartbeespoort voorgekom. Laasgenoemde kan hul meisiespan bedank dat hulle in hul eerste jaar in die C-bond daarin kon slaag om hul plek by die byeenkoms te behou.

Die teenoorgestelde is waar vir Uitsig. Dié skool se seuns het byna 100 punte meer as hul meisies behaal.

Hendrik Verwoerd was die nuweling by vanjaar se byeenkoms, nadat hulle verlede jaar vanaf die D-bond opgeskuif het.

Die uitslae beteken ook dat Gerrit Maritz volgende jaar sal afskuif na die D-bond.

HTS John Vorster, wat vanjaar se C-bond byeenkoms op skitterende wyse aangebied het, is ook deel van die C-bond. Hul span het vyfde in die seuns-afdeling geëindig.

Puik skole-atletiek was aan die orde van die dag en die weer het ook saamgespeel met atlete wat in sonnige, windstil omstandighede kon meeding.

Die ster van die byeenkoms was ongetwyfeld Garrick Rees van Curro Hazeldean. Rees is amptelik aangewys as die Junior Victor Ludorm (baanitems). Dié o.15 atleet van Curro het drie eersteplekke behaal in onderskeidelik die 400m, 800m en 1500m. Hy het in die 800m boonop daarin geslaag om 1008 punte op die bekende ABSA tabel te behaal.

Chrissie de Beer van Gerrit Maritz is aangewys as Junior Victrix Ludorm (velditems), terwyl C Onyejiuwa as Junior Victrix Ludorm (baanitems) gekroon is.

Onder die senior meisies is Emma van Rooyen van Hartbeespoort aangewys as beste veldatleet, terwyl Lianca Wurth van Erasmus die beste senior op die baan was.

Waldo Ferreira van Wonderboom (veld) was die ander uitstaande junior saam met Rees, terwyl Ruben van der Walt van Curro (veld) en JJ Breedt van Wonderboom (baan) die dag se beste senior seuns was.

Hoewel Wonderboon net-net op die baan teen Erasmus verloor het, kan dié skool daarmee spog dat hulle die beste gees op die paviljoen gehad het. Daarvoor het Wonderboom die C-bond geesbeker ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button