Local sportSchool sportSport

Menlopark se swemmers maak skoonskip

Hoërskool Menlopark se swemspanne het verlede week by twee interhoër swemgalas in Pretoria gewys dat dié skool se swemmers nie hul gelyke in die stad het nie.

Die Hoërskool Menlopark se swemmers het dié skool verlede week gevestig as Pretoria se onbetwiste kampioen in die swembad.

Nie net het die Parkies se swemmers alle afdelings van die A-bond swem interhoër by die Hillcrest swembad oorheers nie, maar hul B-span het boonop met verskeie skole se bestes afgereken by die B-bond interhoër.

By die A-bond interhoër het die Parkies as span die kompetisie gewen met ‘n totaal van 754 punte. Die span van Cornwall Hill College was tweede met 509,5 punte, gevolg deur Southdowns College (447 punte), Midstraem College (444 punte) en Hoërskool Garsfontein (439.5 punte).

Menlopark se meisies het ook hul afdeling gewen met ‘n totaal van 375 punte. Daarmee het hulle Afrikaans Hoër Meisies (AHMP) se jarelange heerskappy verbreek. AHMP was vanjaar tweede met 351 punte, gevolg deur Pretoria High School for Girls (297 punte), Southdowns College (245 punte), Cornwall Hill College (239.65 punte), St Mary’s DSG (231 punte), Midstream College (220 punte) en Garsfontein (210.5 punte).

In die afdeling vir seuns het Menlopark (379 punte) vanjaar ook met Afrikaans Hoer Seunskool (Affies; 358 punte) afgereken.

Pretoria Boys High School (308 punte) was derde, gevolg deur Cornwall Hill College (270 punte), Garsfontein (229 punte), Midstream College (224 punte), St Albans College (207 punte) en Southdown College (202 punte).

Menlopark se onder-19 seuns was verantwoordelik vir twee nuwe rekords by die A-bond byeenkoms.

In die wisselslag item het die Parkies se Bernard Becker, Deorg Lategan, Hendrich Muth en Francois du Plessis ‘n ses jaar oue rekord van 1:59,43 verpletter met hul tyd van 1:55,40.

Later het Andrew Ross by Becker, Lategan en Muth aangeslit vir die vryslag aflos en in dié item het hulle ook die ou rekord van 1:41,90 verbeter na 1:37,57.

Ross het ook verskeie induviduele prestasies behaal en daarvoor is hy later aangewys as Senior Voctor Ludorum van die gala.

Menlopark se onder-19 meisies het nie op hulle laat wag nie en ook vir twee nuwe rekords in die aflosse gesorg. In die vryslag het Catherine Wilcocks,  Chanté Cornelius, Natasha Cornelius en Andria Zietsman die ou rekord van 1:57,46 na 1:54,04 verbeter.

Daarna het Suné van Jaarsveld kragte saamgesnoer met Wilcocks, Chanté Cornelius en Natasha Cornelius om die wisselslag aflos in ‘n tyd van 2:08,36 te wen, wat meer as drie minute beter is as die vorige rekord van 2:11,74.

* ‘n Paar dae na later het Menlopark se B-span aan die B-bond interhoër swemgala deelgeneem, wat ook by die Hillcrest swembad aangebied is.

Ook by hierdie byeenkoms het die Parkies koning gekraai met ‘n totaal van 624.5 punte. Hoërskool Zwartkop was tweede met 480 pnte, gevolg deur Hoërskool Waterkloof met 463 punte, Woodhill College (457punte), Hatfield Christian College (450,5 punte), Curro Hazeldean (425 punte) en Hoërskool Montana (388) punte en Hoërskool Oos-Moot met 269 punte.

Menlo se meisies B-span het ook in die B-bond hul afdeing gewen, terwyl die seuns B-span met die derde plek tevrede moes wees. Zwartkop se seuns was eerste, met Pretoria Boys High se B-span in die tweede plek.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button