Local sportSchool sportSport

Noord-Suid skolerugby toernooi lok weer die land se bestes

Vanjaar se Noord vs Suid skolerugbytoernooi, waartydens sommige van die beste skole-rugbykragte uit die Kaap teen top skole uit Gauteng meeding, word oor vier dae tussen 15 en 19 Maart by Hoërskool Garsfontein aangebied.

Die bekende jaarlikse Noord-Suid skolerugby toernooi, wat tradisioneel vroeg in die Paasvakansie aangebied word, het binne ‘n paar jaar tot een van die land se mees prestigeryke skolerugby toernooie gegroei.

Vanjaar kry hierdie toernooi selfs meer aansien en toeskouerswaarde, met die uitbreiding wat gemaak is ten opsigte van deelnemende skole se tweedespanne wat ook met mekaar sal kragte meet. Die aksie sal oor vier dae vanaf Vrydag 15 Maart tot Dinsdag 19 Maart plaasvind, met Sondag 17 Maart as rusdag.

Met inagneming van die skole wat betrokke is, kan liefhebbers van skolerugby verseker wees dat hulle verskeie provinsiale en nasionale sterre van die toekoms in aksie gaan sien.

Spanne van die heel beste rugby-skole uit die noordelike deel van die land, soos Hoërskool Garsfontein (wat vanjaar die gasheer van die toernooi sal wees), Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Afrikaans Seuns Hoërskool (Affies), Hoërskool Monument, Hoërskool Dr. EG Jansen en Helpmekaar Kollege sal die noordelike streek verteenwoordig.

Hierdie spanne sal dan by die toernooi te staan kom teen die suide se skolerugby kragte, soos Hoërskool Durbanville, Hoërskool Stellenberg, Boland Landbouskool, Hoërskool Outeniqua, Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl (HJS of ook bekend as Paarl Boys High) en Grey Kollege uit Bloemfontein.

Met Garsfontein se splinternuwe 200 lumens spreiligte, sal die aandwedstryde ook ‘n plesier wees vir toeskouers, aangesien die skool se A-veld helder verlig word met dié verbetering.

Die aksie skop op Vrydag 15 Maart om 13:00 af met die wedstryd tussen die tweedespanne van EG Jansen en Durbanville. Vrydag sluit af met die eerstes van EG Jansen vs Durbanville (18:00) en die dag se hoogtepunt is die wedstyd tussen Affies en Stellenberg, wat om 19:30 begin.

Op Saterdag 16 Maart begin die aksie reeds om 08:15 met ‘n paar tweedespan wedstryde, waarna die eerstespanne van Waterkloof vs Boland Landbou (12:00), Helpmekaar vs HJS (13:30), Menlopark vs Grey Kollge (15:00), Monument vs Paarl Gimnasium (16:30) en Garsfontein vs Outeniqua (18:00) in aksie sal wees.

Maandag se wedstryde tussen 12:00 en 19:30 word geheel afgestaan aan die tweedespanne.

Dinsdag is weer ‘n dag vir die eerstespanne en die aksie begin om 08:15 met Waterkloof vs Durbanville. Daarna volg EG Jansen vs Stellenberg (09:30), Helpmekaar vs Boland Landbou (11:00), Menlopark vs Paarl Gimnasium (12:30), Monument vs HJS (14:00), Affies vs Outeniqua (15:30) en Garsfontein vs Grey Kollege (17:00).

Die organiseerders het toeskouers verseker dat daar genoeg te ete en te drinke aangebied sal word by al vier dae van aksie. Dit sluit ‘n biertuin in.

 

Vir enige verdere inligting oor vergooi as sportsoort kan die president van die Vêrgooi Vereeniging, Bossie van Rensburg, by 083-380-9876 geskakel word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button