Local sportSchool sportSport

Elfde Klofie Netbalfees lok byna 150 spanne

Die jaarlikse Klofie Netbalfees van Hoërskool Waterkloof, wat vanjaar vir die elfde jaar agtereenvolgens aangebied is, is deesdae die bymekaarkomplek van skole-netbalspanne vanoor die lengte en breedte van Suid-Afrika.

Die Hoërskool Waterkloof se jaarlikse Klofie-Netbalfees word net groter en beter en is beslis deesdae die grootste van sy soort in Suid-Afrika.

Vanjaar het 146 netbalspanne van 49 verskillende skole vanoor die hele land na dié skool se sportterrein opgeruk om te deel in dié fees. Die teenwoordigheid van spanne van Hoërskool Windhoek in Namibië het ook aan die toernooi ‘n internasionale status verleen.

https://www.facebook.com/NetbalFeesKlofies/videos/405031226897089/

Die toernooi maak voorsiening vir spanne van verskillende ouderdomsgroepe wat mekaar oor die vier dae tydens die duur van die aksie op Waterkloof se bane aanvat. In totaal word 877 wedstryde oor dié vier dae gespeel.

Ook wat die kwaliteit van beamptes by die netbalfees betref kon Waterkloof spog met die beste. Onder die beamptes was tien wat met die status van Netbal SA-“A” skeidsregters geklassifiseer kan word.

Volgens Eleanor du Toit, Netbal-Direkteur by Hoërskool Waterkloof, wat dié toernooi 11 jaar gelede op baie kleiner skaal begin het, het die aanbied van vanjaar se fees ‘n ekstra uitdaging gehad weens die gereelde voorkoms van beurtkrag tydens die duur van die aksie.

Dié uitdaging is egter met puik organisasie oorkom en die organiseerders is van oral lof toegeswaai deur spelers, afrigters, bestuurders en ouers van spanne wat die fees bygewoon het.

Soos wat die deelnemende skole en spanne oor die jare gegroei het, het die aanbieding van die toernooi ook aangepas. Weens die groot belangstelling en gepaardgaande instroming van toeskouers by die netbalfees was die hele sportterrein van Hoërskool Waterkloof ‘n miernes van bedrywighede tydens die aksie. Verskeie stalletjies het alles van kos en koeldrank tot sporttoerusting aan besoekers beskikbaar gestel.

Een van die hoogtepunte van die fees was die aansit-restaurant wat in ‘n reuse tent tydens die duur van die fees op die skool se krieketveld bedryf is.

https://www.facebook.com/NetbalFeesKlofies/videos/617260528721827/

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button