Local sportSchool sportSport

Jong atleet ryg steeds die medaljes in

‘n Baie belowende jong atleet van Pretoria het onlangs daarin geslaag om drie junior Suid-Afrikaanse titels te wen by die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskap.

Die 15-jarige Garrick Rees van Curro College Hazeldean in Pretoria verstom atletiekkenners reeds sedert sy laerskooljare met sy besodnere prestasies.

Dié baie belowende sportman, wat ook al nasionale titels in judo en stoei gewen het, is nou al ‘n onder-15 atleet en op die atletieknbaan ryg hy steeds die medaljes in teen die beste teenstanders in Suid-Afrika.

Rees het skoonskip gemaak in elke byeenkoms waaraan hy vanjaar deelgeneem het, maar dit was veral sy prestasies by die Puma School of Speed byeenkomste en die Nasionale Sekondêre Skolekampioenskap wat kenners se aandag weer getrek het.

Tydens die Puma School of Speed reeks het Rees aan vier byeenkomste deelgeneem en telkens koning gekraai in beide die 800m en die 1500m vir seuns onder-15.

Hy het by die Puma se byeenkoms in Potchefstroom ook vir die 400m wedloop ingeskryf én dit gewen deur met verskeie spesialiste in dié item af te reken.

Tydens die Nasionale Sekondêre Skolekampioenskap in Port Elizabeth het Rees die besondere prestasie behaal om drie SA onder-15 titels te verower. Hy het boonop ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 800m item opgestel toe hy dié wedloop in ‘n skitterende tyd van 1m:52s kafgedraf het.

Sy tye in die 1500m (3m:58s) en die 3000m (8m:43s) was ook top klas prestasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button