Local sportSport

Van Biljon weer Naka Bulle se beste

Die Blou Bulle se top oopklub, ABE Midas Naka Bulle, het verlede week hul beste spelers van 2019 vereer by die klub se jaar-eind funksie.

ABE Midas Naka Bulle se gewilde losvoorspeler en kaptein, Louis (Luga) van Biljon is verlede week vir die tweede keer in drie jaar as dié klub se speler van die jaar aangewys.

Van Biljon, waarskynlik een van die mees onderskatte klubrugbyspelers in Suid-Afrika en ’n man wat goed genoeg is om Curriebeker rugby te kan speel, het dié gesogte toekenning voor die neuse van verskeie sterre van dié top klub weggeraap.

Nog ’n aanspraakmaker op die titel was die heelagter en puntemasjien, Danny Mokhoabane, wat uiteindelik as agterspeler van die jaar aangewys is.

Die woelige slot, JP Alberts – ook ‘n man wat op baie hoër vlak kan speel – is aangewys as voorspeler van die jaar.

Twee van Van Biljon se losvoorspeler vennote, Ian van Deventer en Jonathan O Neil, is onderskeidelik met die ‘Bul van die jaar’ en ‘Blood en Guts’ trofees vereer, terwyl die skrumskakel Ettiene Storm ’n toekenning vir verdienstelikheid ontvang het.

Nóg ’n losvoorspeler, die 19-jarige Eckard Boshoff, is deur die klub vereer as die speler wat die meeste vordering gemaak het. Hy was ook die o.20 speler van die jaar.

Ander o.20 spelers wat toekennings ontvang het, is Renaldo Kuppen (beste voorspeler), Renaldo Isaacs (beste agterspeler), Gunter Jager (beste vordering) en Michael Benadie (beste gesindheid).

Onder die juniors is Francois van Niekerk aangewys as speler van die jaar. Lebo Sepuru was die beste voorspeler, terwyl Morné Taylor as beste agterspeler aangewys is. Johan van Standen (beste vordering) en Arno Hooghiemstra (beste gesindheid) het die ander toekennings onder die juniors ontvang.

ABE Naka Bulle se eerstes was die klub se span van die jaar, terwyl die voorspeler breier, Naas Rossouw, as afrigter van die jaar aangewys is.

Hoewel die klub vanjaar slegs in sewesrugby silwerware kon wen, glo die Direkteur van Rugby, Marinus van der Watt egter dat daar baie is om op trots te wees.

Die klub se eerstespan is op omstrede wyse uitgeskakel in die Gouebeker toernooi, maar in beide die Volcanobeker reeks en die Carltonbeker tornooi was dit net Tuks wat hulle van die titels kon weghou.

Van der Watt het egter gesê hulle is meer trots op die geleenthede wat hulle veral vir jong spelers geskep het. Verskeie van die klub se jong spelers het by ander unies op junior vlak provinsiale rugby gespeel, terwyl ’n paar ook geleenthede gekry het om oorsee te gaan speel en hulself verder te ontwikkel.

Daar word volgende jaar ’n toer na Europa beplan, terwyl ABE Midas Naka Bulle ook weer in die Gouebeker toernooi as die Blou Bulle se top klub sal kompeteer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button