Local sportSchool sportSport

Menlopark atlete oes 30 medaljes by SA kampioenskap

Atlete van Hoërskool Menlopark het ’n groot impak gemaak by vanjaar se nasionale jeug atletiekkampioensskap.

Ten spyte van al die negatiewe kwessies rondom die Covid-19 krisis, het Hoërskool Menlopark se atlete tog weer vanjaar ver bo die res uitgestaan

Daarvan getuig die reuse medalje-oes van die 55 Menlopark atlete wat Gauteng-Noord by die SA-kampioenskap verteenwoordig het.

Savanna Visser van Menlopark spog met twee nasionale kampioenskapstitels, nadat sy die spiesgooi (47,85m) en gewigstoot (15,36m) items vir dogters o.16 albei gewen het.
Foto: Verskaf

Dié Menlo atlete kon daarin slaag om met 19 goue medaljes, vyf silwer medaljes en ses bronsmedaljes terug te keer vanaf die Paarl, waar die kampioenskap vanjaar aangebied is.

Dit beteken dus dat Menlo atlete altesaam 30 medaljes by die kampieonskap verower het.

Die kersie op die koek vir Menlopark was die vertoning van Werner Bezuidenhout in die 100m hekkies item vir seuns o.16. Hy nie net die item gewen nie, maar ook die SA-rekord in hierdie item verbeter tot 12.83 sekondes.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button