Local sportSchool sportSport

Waterkloof atlete presteer by SA kampioenskap

Hoërskool Waterkloof het vanjaar 14 atlete opgelewer wat provinsiale kleure ontvang het, ten spyte van gebrekkige geleenthede weens die Covid-krisis.

Ten spyte van al die frustrasie van die Covid-krisis, het Hoërskool Waterkloof se atlete vanjaar puik presteer en veertien van die skool se atlete het vanjaar die Atletiek Gauteng-Noord (AGN) span verteenwoordig by die Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Jeug– en juniorkampioenskappe in die Paarl.

Onder hierdie Klofie atlete was daar ’n medalje-oes van sewe medaljes by die kampioenskap, wat insluit drie goud, een silwer en drie bronsmedaljes.

Verskeie atlete het ook puik persoonlike-beste vertonings gelewer, hoewel hulle nie die podium gehaal het nie.

Daar was vanjaar nie baie geleenthede om deel te neem nie, aangesien die seisoen erg gestrem is deur die Covid-regulasies. Hierdie feit maak egter die prestasies van skole-atlete soveel meer indrukwekkend, aangesien hulle al hierdie uitdagings moes aanspreek tydens hul voorbereiding.

Toeskouers by byeenkomste is ook gewoonlik ‘n groot aansporingsfaktor vir atlete, maar die klas van 2021 moes ook hiersonder klaarkom.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button