Local sportSport

Borg plaas gewilde skoletoernooi “op ys” weens Covid-bedreiging

Hoewel die gewilde VirSekerbeker skolerugby toernooi tans “op ys geplaas” is weens die regering se verbod op kontaksport op skolevlak, is dit nie finaal afgelas soos verlede jaar nie en die toernooi kan dalk later vanjaar voortgesit word, aldus ‘n amptelike verklaring van die borg.

Kort na die eerste rondtes van die verskillende afdelings in die gewilde VirSekerbeker skolerugby toernooi afgehandel is, het die nasionale Departement van Onderwys alle kontaksport vir skole onbepaald opgeskort.

Intussen het die borg van dié gewilde skolerugby toernooi in ’n verklaring bekendgemaak dat hulle ter ondersteuning van die regering en skool-owerhede dié toernooi ook “op ys plaas”.

VirSeker maak dit egter duidelik dat die toernooi nie nou reeds – soos verlede jaar – heeltemal afgestel word nie, wat natuurlik vir die teleurgestelde skoolseuns en hul ouers ’n bietjie hoopgee dat hulle wel later vanjaar weer in aksie kan wees.

Die volledige verklaring lees soos volg:

“Die VirSekerbeker skolerugbytoernooi vir 2021 sal – dienooreenkomstig met die Departement van Onderwys se opskorting van alle kontaksport – vir eers op ys geplaas word.

 “VirSeker gooi sy gewig ten volle agter Afrikaans as taal, hoëgehalte Afrikaanse versekering, Afrikaanse onderrig, -vermaak en -sportontwikkeling en steun hierdie toernooi, wat hierdie jaar sy honderdste bestaansjaar sou vier, met trots.

 “Die VirSekerbeker het reeds die naweek van die 8ste Mei afgeskop met streng Covid-19 voorkomingsmaatreëls in plek, wat onder andere behels het dat geen toeskouers by die wedstryde teenwoordig sou wees nie en dat wedstryde op kort kennisgewing gekanselleer kon word indien daar kommer sou wees oor positiewe gevalle, maar die Departement van Onderwys het vandag aangekondig dat alle kontaksport binne skole onmiddellik opgeskort word.”

Die toernooi, wat voorheen ook al onder die name “Administrateursbeker”, “Direkteurstrofee” en “Beeldtrofee” bekend was, is nog net twee maal in sy geskiedenis afgestel – in 1948 weens die Polio epidemie en in 2020 weens die uitbraak van Covid-19.

Neil van der Walt, Bemarkingsbestuurder van Virseker het gesê hierdie scenario is nie noodwendig wat in 2021 gaan gebeur nie.

“Maar met die bedreiging van ‘n derde golf van die pandemie hou ons ons vingers op die pols en  onderneem ons om te alle tye, in samewerking met die Departement, in die beste belang van leerders optree. Sodra die VirSekerbeker weer kan afskop én ons ons leerders, hul ouers en onderwysers kan veilig hou, gaan ons volstoom voort met eersteklas skolerugby,” het Van der Walt afgesluit.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button