Local sportSchool sportSport

Klofies is Northens se beste krieketskool

Hoërskool Waterkloof se eerste krieketspan is die nuwe kampioen in die top skoleliga van Northerns Krieket, die Platinum A1-liga, nadat hulle die seisoen onoorwonne afgesluit het.

Ten spyte van die uitdagings wat die Covid-krisis vir alle skolesport in 2021 gebied het, kon die Northerns skole krieketligas wel afgehandel word.

Hoërskool Waterkloof se eerstespan is uiteindelik as die kampioen in Northerns se top skoleliga, die Platinum A1-liga, gekroon. Dié span het die seisoen onoorwonne afgesluit toe hulle Hoërskool Centurion in die eindstryd van die liga geklop het.

Dié liga is waarskynlik een van die heel moeilikste skole-ligas in Suid-Afrika en die Klofies se eerstespan moes op pad na die einstryd ook met ander top teenstanders soos Afrikaans Hoër Seunskool (Affies), Pretoria Boys High School, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Menlopark en Prestige College van Hammanskraal afreken.

Die Klofies het in hierdie ligafase soms die kenners laat regop sit met hul skitter krieket, veral toe hul aartsvyand, Garsfontein, ’n reuse pakslae gekry het. Waterkloof het in daardie wedstryd hul bure vir net 43 lopies uitgeboul, waarna hul openingskolwers die totaal maklik verbygesteek het vir ’n oorwinning met tien paaltjies.

Die seuns van Waterkloof moes boonop deur die loop van die seisoen die trauma van die dood van een van die skool se gewilde krieket afrigters, Japie Claasens, verwerk. Hy het na ’n lang stryd teen die Covid-virus gesterf.

Ten spyte hiervan en ook die moeilike program om al hul krieket verpligtinge te midde van die Covid krisis af te handel, het Waterkloof se eerstespan ’n uitstekende seisoen beleef.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button