Local sportSport

Top amateur boksers in aksie in Pretoria

Amateurboks is terug met top aksie van 15 opwindende gevegte wat eerskomende Saterdag by die Dorsland Restaurant en Teater in die weste van Pretoria aangebied word.

Liefhebbers van amateurboks kry eerskomende Saterdag weer die kans om sommige van die beste jong plaaslike amateurs, asook besoekende boksers uit ander dele van Gauteng en ander provinsies in askie te sien in een van die grootste amateurboks-toernooie wat in ’n lang tyd in die stad aangebied is.

Vir boksliefhebbers lei alle paaie Saterdag-middag (10 Augustus) na die Dorsland Restaurant en Teater in die weste van Pretoria, waar RJ79 Events se Fight Night amateurboks toernooi aangebied sal word. Die toernooi sal in die vorm van die bekende “Box&Dine” konsep aangebied word, met die Dorsland Restaurant en Teater op die Zandfontein hoewes (Hoek van Rooikapokstraat en Van Der Hoff-weg) wat ook kroegfasiliteite beskikbaar sal stel.

Lede van Backhouse Boxing, onder wie verskeie boksers eerskomende naweek in aksie sal wees, word voorberei onder leiding van bekende afrigters soos Roedolf Venter (heel links, voor) en Charles Backhouse (heel regs, voor).
Foto: Koos Venter

Verskeie klubs in Pretoria sal betrokke wees by hierdie toernooi, terwyl boksers ook uit ander provinsies soos Limpopo (Tzaneen), Mpumalanga (Nelspruit) en ander dele van Gauteng (Krugersdorp) sal opruk om deel van die aksie te wees.

Die toernooi sal bestaan uit 15 amateurboks gevegte van alle ouderdomme en gewigsafdelings, wat beloof om bokspuriste waarde vir hul geld te gee.

Rekord het onlangs die spoggerige nuwe gimnasium van Backhouse Boxing in Montana besoek, waar sommige van die boksers hard besig was met hul voorbereiding vir hierdie toernooi. Een van die belowende jong boksers by Backhouse Boxing is Michael Schutte, kleinseun van die Suid-Afrikaanse bokslegende, wyle Mike Schutte. Hy sal ook Saterdag in aksie wees in die kryt.

Die jong Michael Schutte (links), kleinseun van die Suid-Afrikaanse bokslegende, Mike Schutte, word onder hande geneem deur die legendariese boksafrigter, Charles Backhouse by die Bahouse boksgimnasium in Montana.
Foto: Koos Venter

Ander klubs uit Pretoria, soos die Tuine Tiere en Transnet Engineering Boxing Academy sal ook verteenwoordig wees by die toernooi.

Terwyl die aksie in die kryt reeds om 14:00 sal begin, sal daar ook ander vermaak wees in die vorm van die bekende kunstenaar, Jacques de Beer, wat teen 18:00 sal optree.

Vir meer besonderhede of om kaartjies of ’n tafel by die “Box&Dine” te bespreek, skakel RJ79 Events by 064-699-1200 of stuur epos na rj79events@gmail.com .

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button