Local sportSport

Suid-Afrika se beste junior stoeiers spook sake by kampioenskap in Pretoria uit

Amateur stoeiers, afrigters en administrateurs vanoor die lengte en breedte van die land het verlede week na Pretoria opgeruk vir die grootste junior nasionale kampioenskappe van die jaar, wat oor drie dae by die Heartfelt Arena oorkant die Voortrekkermonument aangebied is.

Noord-Gauteng Stoei het verlede week die groot taak op hulle geneem om oor ’n tydperk van drie dae basies drie verskillende nasionale toernooie aan te bied.

Honderde stoeiers, afrigters, administrateurs en ondersteuners van oor die hele land én uit Namibië is sedert Donderdag verlede week by die Heartfelt Arena in Pretoria verwelkom, waar die Suid-Afrikaanse Stoeivereniging se nasionale Presidente- en Jeugkampioenskappe oor drie dae aangebied is.

Altesaam 14 stoeifederasies vanuit al nege die land se provinsies is by hierdie kampioenskappe verteenwoordig.

Die ruim Heartfelt Arena met sy meer as 2000 veilige parkeerplekke, ruim binne-oppervlak wat vyf stoeimatte én ’n opwarmings-area kon akkomodeer, asook voorsiening gemaak het vir toeskouer-sitplek langs die matte sowal as op ’n verhoogde vlak waar die aksie van bo dopgehou kon word, was ’n uitstekende keuse vir so ’n groot geleentheid.

GN Stoei se beplanning is deeglik gedoen en die sentrum kon ook genoegsame kleedkamer fasiliteite verskaf vir die meer as 500 stoeiers en 69 skeidsregters wat deel was van die aksie, terwyl van die nuutste tegnologie as hulpmiddels vir die administratiewe en logistieke personeel gedien het.

Die kampioenskappe het Donderdag swierig begin met ’n parade deur die stoeiers tydens die amptelike opening, waarna die Jeug-kampioenskap vir stoeiers tussen die ouderdomsgroepe o.8 tot o.13 in die vrystyl stoei-afdeling afgehandel is.

In hierdie afdeling is 544 inskrywings ontvang en 780 gevegte is deur die dag afgehandel.

Die volgende dag, Vrydag 10 Oktober, het die Presidents-kampioenskap vir juinors, skole en dogters plaasgevind. Altesaam 408 inskrywings is ontvang en 570 gevegte is deur die loop van die dag afgehandel.

Saterdag is die kampioenskappe afgesluit met gevegte in die Grieks-Romeinse styl, waartydens 430 gevegte afgehandel is met 560 stoeiers wat ingeskryf het vir die aksie.

Volgens die president van Gauteng-Noord Stoei, Andrew Patrick, het sy stoeifederasie vooraf baie moeite gedoen om veral die logistiek rondom die kampioenskappe op wêreldklas vlak te bestuur.

“Ons het ’n dokter aan diens gehad tydens al drie die dae, terwyl ons seker gemaak het dat die mediese span verteenwoordig is deur die heel beste beskikbare paramedici, het Partick verduidelik.

Hy was ook baie trots op die eersteklas tegnologie wat ingespan is deur logistieke- en administratiewe personeel om ’n geleentheid van so ’n groot omvang so vlot as moontlik te laat verloop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button