Local sportSport

Tuks Challenge stoeitoernooi keer terug met ’n knal

Die gewilde Tuks Challenge stoeitoernooi het onlangs ná ses jaar ’n terugkeer tot die stoeikalender gemaak en stoeiers het vanuit verskeie provinsies na Pretoria gereis om deel te neem aan dié toernooi, wat ’n unieke nuwe beloning vir kampioene in tien vrystyl afdelings bekendgestel het.

Die bekende en gewilde Tuks Challenge stoeitoernooi is verlede week vir die eerste keer in ses jaar hervat, nadat dit in 2020 weens Covid gestaak is.

Nagenoeg 500 stoeiers in beide jeug- en volwasse afdelings het vanuit verskeie provinsies vir die toernooi ingeskryf, wat die gewildheid en status van die geleentheid bevestig. Daar was ook stoeiers in die meesters-afdeling in aksie.

Die merkwaardigheid van hierdie goeie opkoms word verder onderstreep deur die feit dat verskeie klubs nie hul top stoeiers daarvoor ingeskryf het nie, weens hul voorbereidingsprogram vir die nasionale proewe. 

Weens ander sportverrigtinge op die Tuks sportkampus moes die toernooi ook noodgedwonge by Noord-Gauteng Stoei se saal in Menlopark aangebied word.

Daar is in beide die Grieks-Romeinse en Vrystyl kodes gestoei op vier matte in die saal.

Uiteindelik het die gasheerklub, Tuks Stoei, op die dag geseëvier in die spankompetisie, ten spyte van groot aanslae van klubs uit Pretoria, die Oos-Rand en selfs so ver as Ermelo.

Een van die unieke aspekte van die toernooi was die kampioenskap-ringe wat aan die tien kategoriewenners (gewigsafdelings tussen 57kg en 125kg) in die vrystyl kompetisie oorhandig is.

Terwyl goud, silwer en bronsmedlajes in alle kategorieë en ouderdomsgroepe soos normaal toegeken is, is daar besluit om aan die tien vrystyl kategorie-wenners in die verskillende gewigsafdelings vir stoeiers ouer as 16 (stoeiers gebore in 2009 en daarna) elk ’n spesiale kampioenskap-ring te oorhandig.

Sover bekend is die oorhandiging van hierdie unieke ringe ’n baanbreker inisiatief in Suid-Afrika. Daar is boonop besluit om hierdie inisiatief ’n instelling van die toernooi oor die volgende vyf jaar te maak. ’n Stoeier in die ouderdomsgroep ouer as 16 kan dus oor die volgende vyf jaar ’n versameling van hieride ringe bymekaarmaak indien hy daarin kan slaag om jaarliks as vrystyl kampioen in sy gewigsafdeling gekroon te word.

Net soos wat die Tuks klub die toernooi as span oorheers het, het individuele stoeiers van die klub ook daarin geslaag om die meeste ringe danksy dié nuwe inisiatief te wen. Vyf van die tien kampioenskapringe is deur Tuks stoeiers gewen. Nog ’n merkwaardige oomblik by die toernooi was toe die voormalige Olimpiese stoeier, Bennie Labushagne, sy terugkeer na die stoeimat gemaak het. Dié gewilde stoei-persoonlikheid, wat die afgelope jare as een van Tuks Stoei se afrigters gespesialiseer het, het besluit om weer aktief te stoei en homself gereed te maak vir die meesters kampioenskappe later vanjaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button