Local sportSport

Blou Bulle se skeidsregtersvereniging in rou ná skielike dood van geliefde mentor

Johann Alberts, een van die groot geeste onder rugby-skeidsregters reg oor Suid-Afrika en ’n gewilde en gerespekteerde mentor van jong skeidsregters, is Dinsdag oorlede.

Die rugby gemeenskap van Pretoria en veral die Bloubul Rugby-unie se skeidsregtersvereniging is in rou gedompel nadat dit bekend geword het dat een van die vereniging se uitstaande leiers, Johann Alberts, Dinsdag skielik oorlede is.

Alberts, wat grootgeword het in die Delmas-omgewing, het oorspronklik by die Valke Rugby-unie as skeidsregter by die spel betrokke geraak. As konsultant in die korporatiewe omgewing het hy na Pretoria verhuis en hy was reeds baie jare betrokke by die BBRU skeidsregters, waar hy ’n reuse rol gespeel het as afrigter en mentor van skeidsregters, asook as tegniese beampte tydens wedstryde op alle vlakke van die spel.

Hy was die afgelope jare die Bloubul skeidsregters se bestuurslid belas met afrigting en assessering.

Read the English version of this story here.

Volgens die Blou Bulle Rugby-unie se bestuurder van skeidsregtersake, Stephan Geldenhuys, was Alberts een van die beste – indien nie dié heel beste – tegniese beamptes en mentors van jong skeidsregters in Suid-Afrika.

Johann Alberts was ’n voormalige wenner van die BBRU Skeidsregtersvereniging se Louis Wessels wisseltrofee, een van die vereniging se mees prestigeryke eerbetonings wat jaarliks toegeken word aan ’n lid vir uitstaande prestasie en toegewyde diens.
Foto: Facebook

“Hy was baie goed in wat hy gedoen het. As afrigter en mentor het hy ’n reuse rol gespeel in die ontwikkeling van letterlik honderde jong skeidsregters,” het Geldenhuys aan Rekord gesê.  

Alberts se tegniese kennis was wêreldwyd bekend. Hy was wel berese en het ook in Wêreldrugby se internasionale sewes toernooi-reeks sy merk gemaak as tegniese beampte. Sy gewildheid en status in die rugby-omgewing in Suid-Afrika én internasionaal word onderstreep deur die huldeblyke wat letterlik vanoor die hele wêreld instroom sedert die nuus van sy afsterwe bekend geword het.  

Hy is by verskeie geleenthede vereer vir sy uitstaande diens aan rugby en hy was, onder andere, ’n voormalige wenner van die BBRU Skeidsregtersvereniging se Louis Wessels wisseltrofee. Dié trofee, een van die vereniging se mees prestigeryke eerbetonings, word jaarliks toegeken aan ’n lid vir uitstaande prestasie en toegewyde diens.

Alberts was nie getroud nie en word oorleef deur sy ouers, ’n broer en ’n suster. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button