Fortis Pretoria-Noord atlete presteer
Die Fortis Pretoria-Noord atletiek klub se junior atlete het puik presteer by die onlangse nasionale kampioenskappe.
Carol Goodinson, afrigter van die Fortis Pretoria-Noord atletiek klub, gaan steeds voort om groot naam te maak in atletiekkringe en sy het onlangs weer sukses behaal met atlete by die nasionale junior kampioenkskappe.
Verskeie van Goodinson se atlete het tydens dié kampionskappe puik presteer.
Claiven Scott, 13 jarige hoofseun van Laeskool Saamspan, het in die 800m vir seuns 13 ’n silver medalje verwerf met ’n tyd van 2 minute en 7 sekondes.
Ivan du Plessis behaal ’n vierde plek in die 1200m vir seuns o.10 met ’n tyd van 3 minute en 49 sekondes.
Elizma Swanepoel was vyfde in 800m vir dogters onder 17 met ’n tyd van 2 minute en 17 sekondes. Die klub se oefeninge vind plaas by Laerskool Stephanus Roos en Hoërskool Pretoria-Noord.
Navrae: Elize Ras by 079-696-7301.
