School sportSport

Groot uitdaging vir Garsfontein in Tuks Super 16 halfeindrondte

Hoërskool Garsfontein se eerstespan het ’n baie moeilike taak in Vrydag se halfeindrondte van die Tuks Super 16 rugbyreeks, wanneer hulle teen Dr. EG Jansen van Boksburg te staan kom.

Kan Garsfontein die volgende skool van Pretoria word om die gesogte Tuks Super16 rugbytitel titel te wen?

Om in die voetspore te volg van skole soos Waterkloof en Centurion, wat albei gewese kampioene van hierdie gesogte reeks is, gaan beslis nie maklik wees vir Garsfontein nie.

Jaco Bezuidenhout en sy manne moet eers op Vrydag 1 Mei met die gedugte span van Hoërskool Dr. EG Jansen afreken as hulle hul kans lewend wil hou om vanjaar as die kampioene van hierdie reeks gekroon te word.

Garsfontein se Bere het ’n lang pad gekom om uiteindelik vir die halfeindrondte te kwalifiseer. Hulle het die reeks met twee goeie oorwinnings teen Ermelo (45-17) en Marais Viljoen (55-7) begin, maar in hul derde wedstryd het die Bere teen Kempton Park vasgeval toe hulle naelskraaps met 27-30 verloor het.

Hoewel Garsfontein teen Kempton Park verloor het, kon hulle steeds hulle groep wen op punteverskil, nadat Kempton Park teen Marais Viljoen vasgeval het. Twee weke gelede het Garsfontein deurgedring na die halfeinrondte deur Hoërskool Pietersburg met 47-17 in die kwarteindrondte te klop.

Die manne van Boksburg is egter een van die gunstelinge in die toernooi, nadat hulle tellings soos 65-3 (teen Centurion) en 95-38 (teen Transvalia) in die ligafase van die toernooi behaal het. Hulle het vroeër vanjaar by die Kearsney Paastoernooi met slegs twee punte (17-15) teen Grey Kollege van Bloemfontein verloor.

Hoërskool Eldoraigne speel Vrydag teen Hoërskool Pietersburg in die groep wat uiteindleik die vyfe tot die agtste plek sal bepaal, terwyl Centurion teen Marais Viljoen te staan sal kom in die groep wat uiteindelik die negende tot die twaalfde plekke sal inneem.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button