School sportSport

Oos-Moot maak stem dik in Beeldtrofee

Oos-Moot se eerstespan het die afgelope naweek geen genade getoon teenoor verlede jaar se Grootskole kampioen in die Beeldtrofee toernooi nie.

Die Hoërskool Oos-Moot se rugbyspanne vaar besonder goed vanjaar en na die eerste paar wedstryde in die Beeldtrofee-reeks is dié skool se eerstespan reeds een van die gunstelinge om vanjaar die afdeling vir Grootskole in hierdie toernooi te wen.

Dié skool se eerstes en o.16 span het albei vanjaar koning gekraai by die gesogte Hansieweek, wat jaarliks in Naboomspruit aangebied word.

Tot dusver is albei die twee spanne ook goed op vorm in die Beeldtrofee toernooi. Daar was vooraf groot afwagting vir die afgelope naweek se tweestryd tussen Oos-Moot en die Hoërskool Tuine. Laasgenoemde het ook tot dusver vanjaar ’n goeie rekord opgebou, terwyl hul eerstespan verlede jaar die afdeling vir Grootskole gewen het. Daar is ook in die o.16 liga ’n reuse stryd verwag.

Oos-Moot het uiteindelik skoonskip gemaak teen Tuine toe al hul spanne teen hul teenstanders uit die Weste gewen het.

Die eerstespan het ses drieë ingeryg in hul oorwinning van 43-6 teen Tuine, terwyl die o.16’s ook maklik met 36-10 gewen het. Oos-Moot se o.15’s en o.14’s het albei vyftigtalle teen Tuine aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button