Ockie Vermeulen se nuutste album
Ockie Vermeulen stel haar nuwe CD bekend en drie gelukkige lesers kan wen.
Meesleurend, magies en majestieus. Mens gryp na woorde om die CD bekendstelling van Ockie Vermeulen se album, Obsessie, te beskryf. Nie net Christa Steyn nie, maar ook Johan Sebastian Bach, sou trots gewees het as hy dit kon gehoor het.
Vermeulen het jare lank saam met Steyn gewerk en hierdie album is aan haar en die stempel wat sy agtergelaat het, opgedra. Meeste van die musiek op die album is hare, verwerk en meesterlik uitgevoer deur Vermeulen, wat tans orreldosent by Unisa is.
Bach veral, sou verstom gestaan het. Vermeulen bo by die orrel, lewendige vioole op die verhoog en dan het die klavier ook saam kom speel met ’n simfonie-orkes, danksy ons tegnologie. Dat die gehoor gedink het dit was uitsonderlik, was duidelik. Staande toejuiging aan die einde van die konsert en konsertgangers wat weier om te loop, het getoon dat Vermeulen ’n meester in sy veld is. Van Steyn se Burlesque tot die laaste note van die Drakensbergse seunskoor se sang in I do believe weggesterf het, was die gehoor meegevoer en betower.
Rekord het 3 CD’s om weg te gee. Sms die woord OCKIE na 42282 voor middernag op 1 November. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en moet hul CD’s by Rekord se kantore in Lydiana afhaal.