EntertainmentLifestyle

Lekkerlit 2014 skop af

Boekliefhebbers kry die kans om vir hul gunsteling LAPA-boek te stem en met ’n kontantprys weg te stap. Lees meer oor Augustusmaand se Lekkerlit-boeke en hoe dié kompetisie werk…

LAPA-Uitgewers se gewilde Lekkerlit-kompetisie, waar lesers en nie-akademici die prys toeken, het onlangs afgeskop. Van middel Augustus af tot einde Januarie kies LAPA elke maand ’n Lekkerlit-boek of twee. Daar sal ’n mengsel genres van spanning, romanse en avontuur wees.

Die Lekkerlit-boeke wat gekies is:

Augustus: Slim leuens (Lien Roux-de Jager) en Seisoen van lig en donker (Alta Cloete)
September: Donker spoor (Martin Steyn)
Oktober: Stilleto’s van staal (Bernette Bergenthuin)
November: Ewebeeld (Chanette Paul)
Desember: Die 13de kaart (Madelein Rust)
Januarie: Waar boosheid broei (Peet Venter)

Lesers kry die geleentheid om in aanmerking te kom vir ’n R2 500 kontantprys en ook vir hul gunsetling Lekkerlit-boek te stem.

Hoe werk die kompetisie?

– Lesers moet LAPA se Facebook-blad ‘Like’ sodat hulle elke maand die vraag oor die Lekkerlit-boek(e) kan kry.
– Lesers beantwoord dan die vraag uit die boek en e-pos die antwoord na marib@lapa.co.za.
– Deelnemers wat die vraag korrek beantwoord, sal outomaties in aanmerking kom vir die geluktrekking van
R2 500 kontant aan die einde van Februarie 2015.

In Februarie sal deelnemers ook die kans kry om vir hulle gunsteling boek te stem en weg te stap met die titel LAPA Lekkerlit-boek van die jaar. Op 1 Maart word die Facebook-wenner aangekondig, wat ’n kontantprys van R2 500 wen. Die Lekkerlit-boek- skrywer wen ’n kontantprys van R5 000.

Augustusmaand se Lekkerlit-boeke:

Slim leuens deur Lien Roux-de Jager

‘n Derde uitgawe in die Kalli Krynauw-reeks. Dié poligrafis help jag maak op misdadigers. Die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om haar te vermoor is terug in haar lewe. En ’n reeksmoordenaar is moontlik deel van die polisiespan…

Seisoen van lig en donker deur Alta Cloete
In Cloete se sewende roman in die Geur- en Seisoen-reeks leer die driemanskap Liesel, Herman en Jennifer die donkerte van depressie en selfdood ken. Hoewel dit moeisaam gebeur, vind die karakters deur selfkennis die genade van liefde.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button