Nuwe album vir hartebreker Dewald
Uitstekende nuus vir Dewald Wasserfall-aanhangers… Sy nuutste album, #EkEnJy, is nou op die rakke!

Dewald Wasserfall-aanhangers het omtrent die dae afgetel tot die bekendstelling van hierdie gewilde Pretoria-kunstenaar se nuutste album. #EkEnJy, Dewald se tweede solo-album, is onlangs vrygestel en is nou in musiekwinkels landswyd beskikbaar.
Dié langverwagte album bevat 14 Afrikaanse snitte asook ’n Engelse bonussnit All about me.
Die talentvolle sanger en liedjieskrywer het weereens pen op papier gesit, en sy kenmerkende skryfstyl skemer deur op snitte soos Amsterdam, Hart van Stof en Weer probeer. Meesterskrywers Johan Vorster en Christoph Kotze het ook hul kreatiwiteit verleen aan snitte soos My woord en titelsnit #EkEnJy.
Met mooi lirieke soos, “Ons is gebore om te lewe; met ’n reg om te bestaan. Om te droom en te vergewe; maar ons het langs die pad verdwaal,” beloof die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album, Gebore om te lewe, om blitsvinnig ’n gunsteling onder aanhangers te word.
#EkEnJy is ’n wenkombinasie van gevoelvolle lirieke, pragtige melodieë en die strelende klanke van Dewald se stem.
#EkEnJy
- Amsterdam
- #EkEnJy
- Net ’n mens
- So eensaam soos die son
- Stroom-op en been-af
- Gebore om te lewe
- Kerk van teer
- Tomorrow
- Hart van stof
- Een dag lank
- My woord
- Weer probeer
- Vir liefde baklei
- Die risiko van soen
- All about me – Bonussnit
Vir meer inligting oor Dewald Wasserfall, besoek www.dewaldw.co.za
