EntertainmentLifestyle

‘n Bybelse naam vir Kurt se dogtertjie

Kurt het aanhangers op sosiale netwerke bedank en gesê hy wens hy kan elkeen persoonlik dankie sê.

Die gelukwensings stroom steeds in na die geboorte van die sanger Kurt Darren en sy vrou Dunay se eersteling gister. In een van die eerste onderhoude na die geboorte verklap Kurt dat hulle eers ná die geboorte op ‘n naam besluit het – Kyrah.

“Die naam beteken edele dame. Ons het ‘n Bybelse naam gekies,” het hy aan Jacaranda FM gesê. Kurt het aanhangers op sosiale netwerk bedank en gesê hy wens hy kan elkeen persoonlik dankie sê. So dankbaar vir al die pragtige boodskappe, wens ek kon almal persoonlik antwoord maar Pappa is bietjie besig, liefde altyd!!!!,” het hy op Twitter gesê.

Klein Kyrah is Maandag om 12:26 gebore en het 3,3 kg geweeg.

Kurt tweet

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button