Plaasmoorde book review
Met duisende boere en plaaswerkers wat die afgelope twee dekades op plase regoor die land aangeval, vermoor en aangerand is, word boerdery deur baie as die gevaarlikste beroep in die land beskou. Stories oor die aanvalle pryk gereeld op voorblaaie en maak opslae op die televisie, maar dis min dat ons die kans kry om …

Met duisende boere en plaaswerkers wat die afgelope twee dekades op plase regoor die land aangeval, vermoor en aangerand is, word boerdery deur baie as die gevaarlikste beroep in die land beskou.
Stories oor die aanvalle pryk gereeld op voorblaaie en maak opslae op die televisie, maar dis min dat ons die kans kry om te hoor wat na die aanvalle met die slagoffers gebeur. Hoe verwerk die boere die trauma om the kan voortgaan met hul lewens?
In Plaasmoorde, probeer die joernalis en skrywer Carla van der Spuy hierdie vraag beantwoord en slaag daarin om die soms wrede verhale met net die regte mate van empatie en menslikheid oor te vertel.
Soms is die verhale ontstellend, maar het ‘n ondertoon van geloof en hoop wat ‘n mens eintlik soms laat skaam kry vir jou eie kwade en donker gedagtes.
Dr Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) som die inhoud soos volg op: “Hierdie boek laat ‘n mens met drie hoofgedagtes: die absolute brutaliteit van die aanvallers; die volslae magteloosheid van die onskuldige slagoffers en die onverklaarbare krag van geloof en vergifnis.”
Plaasmoorde is by Bargain Books beskikbaar.
Vir meer nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
