EntertainmentLifestyle

Ontmoet Victory5

In ‘n wêreld waar positiewe rolmodelle vir tieners maar skaars is, is die tieners van Victory5 soos ‘n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf.

In ‘n wêreld waar positiewe rolmodelle vir tieners maar skaars is, is die tieners van Victory5 soos ‘n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf.

Victory5 bestaan uit vier tieners tussen die ouderdomme van 14 en 17 jaar en daar is niemand wat die hartklop van ’n tiener beter verstaan as ’n tiener self nie.

Martinet (16), Dillon (17), Justin (14) en Alida (16) se aanslag is jonk, ennergiek en vars en hulle sing oor die alledaagse kwessies wat tieners kwel en opgewonde maak. Deur hulle musiek en optredes spreek hulle direk tot tieners se harte regoor Suid-Afrika.

Die eerste enkelsnit van die Ek Weet Wie Ek Is-album, Dance, is vroeg in 2014 aan radiostasies landwyd uitgereik en is ongelooflik goed ontvang.  Meer as 40 stasies speel die liedjie op ’n gereelde grondslag.

Daar word tans ’n film vervaardig deur Xrossbeat Media, Droom & Glo, oor hul jong lewens, uitdagings en getuienisse wat later vanjaar uitgereik sal word. Die vierstuk is elk van verskillende skole regoor Gauteng en is gereeld by kerke, skole en ander funksies te sien waar hulle vir ander tieners wys hoe ‘cool’ dit is om die Here te dien.

GET IT het met die lede van Victory5 gaan gesels om hulle so ‘n bietjie beter te leer ken:

Hoe het die groep ontstaan?
Xrossbeat Media het op Facebook geadverteer dat hulle oudisies gaan doen vir n Tiener Gospel-groep. Ons almal het toe vir die oudisies ingeskryf. – Justin.

 Julle is vier heeltemal unieke kunstenaars. Vanaf watter ouderdom sing julle reeds?
Justin: Ek het eers begin belangstel om te sing op 13.
Dillon: Ek was nege jaar oud toe ek begin sing het.
Martinet: Vandat ek drie jaar oud was (met my eerste optrede in die kerk was ek drie jaar oud).
Alida: Vanaf 9-nege jaar.

Hoe is daarop die naam ‘Victory 5’ besluit?
Dillon: Die lede van die groep moes elkeen aan name gaan dink het vir die groep en almal het dadelik van Justin se naam, Victory5, gehou. – Dillon.

Wie is die grapjas in die groep?
Justin:  Alida
Dillon: Ek en Martinet wat klaar ons noem name het. Ek – Dr. Dill en Martinet – Innocent
Martinet:  Hehe uhmmm ek weet nie.
Alida:  Daar is nie rerig ‘n grapjas nie, ons almal maak maar grappies.

Wie is die ernstige een in die groep?
Justin: Martinet
Dillon: Martinet
Martinet: Ek dink Justin is die ernstigste van ons
Alida: Dillon

Wie is die danser in die groep?
Justin:Dillon
Dillon: Ons almal. Ek doen die interresante dansroetines en ek sal altyd “weirde moves” uitdink tydens oefeninge.
Martinet: Dillon ek dink
Alida: Dillon

Wat is jou gunsteling liedjie?
Justin: Happy Song
Dillon: “Ons sal ons lig laat skyn”, nie net omdat dit “my song” is nie maar ook omdat ek daarvaan hou om my lig vir die Here te laat skyn.
Martinet: Dance
Alida: “Ons sal ons lig laat skyn”, gunsteling ander liedjie – “14 dae” van Johan C Venter

Verkies julle lewendige optredes of tyd in die ateljee?
Justin: Lewendige optredes
Dillon: Die lewendige optredes
Martinet: Lewendige optredes is vir my baie lekker omdat ons met mense kan kommunikeer!
Alida: Beslis lewendige optredes

Julle het elkeen julle eie persoonlikhede. Kom jy darem almal goed oor die weg?
Justin: Ons almal kom baie goed oor die weg
Dillon: Volgens my kom ons goed oor die weg.
Martinet: Ek dink ons maak n goeie kombinasie!! Ons het sterk persoonlikhede en komplimenteer mekaar as ons op die verhoog is!
Alida: Ons kom almal goed oor die weg en dit voel of ons familie is.

Loer hier na die musiekvideo vir Ek Weet Wie Ek Is.

REKORD het twee Victory5 CDs om weg te gee. SMS die woord Victory saam met jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 4 Desember om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing.

Wenners sal self die prys by Capital Media se kantore in Orpenlaan 32, Lydiana, in die ooste van Pretoria self moet afhaal – binne 10 werksdae.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button