Bekendes vier opening van nuwe Pretoria-kuierplek
Bekendes en aanhangers het almal saam gekuier by die opening van die Weiveld, Pretoria se splinternuwe kuierplek.

Die Jakarandastad is steeds aan die gesels oor die splinternuwe kuierplek wat onlangs sy deure in die ooste van Pretoria oopgemaak het. Die Weiveld, geleë op die Bronberg wynlandgoed, behoort vinnig naam te maak as gasheer vir albumbekendstellings, konserte, funksies en natuurlik heelwat partytjies.
Bekende Pretorianers, insluitende Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Nádine en Jay, het by die opening met aanhangers skouer geskuur en die aand om gekuier.
Monique en Willem Botha het elk ook trots by hulle persoonlike items, wat aan Die Weiveld geskenk is en teen die ingansportaal se mure gemonteer is, gestaan vir foto’s. Kyk gerus uit vir Monique se blinkswart skoene, Karlien van Jaarsveld se handsak en Lianie May se cowboy-stewels.
As jy die Weiveld se opening misgeloop het, loer hier na ons foto-gallery.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.















