CompetitionsLifestyle

Wen kaartjies om Sonskyn Beperk te kyk

Staan 'n kans om lekker fliek kaartjies te wen.

Sonskyn Beperk is die nuwe Afrikaanse romantiese drama deur plaaslike regisseur Maynard Kraak, wat ook verantwoordelik was vir Knysna en Vrou soek Boer. Die fliek wys tans by Nu Metro Menlyn Park en Nu Metro Woodlands in Pretoria.

Dit vertel die storie van Anya du Plessis (Anelle Bester), wat na drie jaar in New York inderhaas terugkeer na Suid-Afrika om haar hardkoppige pa Marius (André Roothman) by te staan om hul familieplaas Sonskyn Beperk te red van ondergang.

Anya laat haar kollega en kêrel, Jacob, agter in New York en verwag nooit dat sy sal val vir Ruan (Neels van Jaarsveld) nie – ‘n vreemdeling in haar klein tuisdorpie.

Met haar terugkeer vind sy dat haar pa die obsessie ontwikkel het om ‘craft’ bier te verbrou, maar Anya moet nog oortuig word dat dit die beste pad vorentoe is vir die sukkelende besigheid.

Sy is ook nie daarvan bewus nie dat Ruan die land deurkruis op soek na ‘n nuwe wenresep vir bier, wat hy wil terugneem na sy eie familie se besigheid. Dié tipiese rykmanskind word deur sy pa Carel (Chris van Niekerk) voor ’n uitdaging gestel wat nie net sy besigheidsvermoë sal toets nie, maar ook sy regmatige plek in die besigheid kan verseker.

Dinge word nog meer ingewikkeld as Ruan self ook vir Anya val, en dan arriveer Jacob uit die bloute in die dorp.

Sonskyn Beperk is ‘n hartroerende verhaal oor familie en vriende, onverwagse kinkels in die kabel en ‘n stryd om oorlewing.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om twee kaartjies te wen om Sonskyn Beperk in die flieks te sien. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die aansoekvorm hieronder in en gebruik die woord ‘SONSKYN’ in die sleutelwoordblokkie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button