CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Wen kaartjies om Jannie Moolman en Kevin Leo te sien

Moet nie die geleentheid misloop nie.

Na jare in die musiekbedryf, het die twee internasionaal bekroonde tenore, Jannie Moolman en Kevin Leo besluit om kragte saam te snoer in duet.

Tydens hierdie produksie deel die manne met hulle majesteuse, magiese tenoorstemme, ‘n uiteenlopende repertoire van al  hulle persoonlike gunstelinge. Die gehoor kan uitsien na die immergewilde Fly me to the moon; Liefling; Funiculi Funicula en vele ander.

Tydens hierdie sentimentele reis deel Jannie en Kevin hulle liefde en passie vir musiek met hulle mede-musiekliefhebbers. Alhoewel hulle reeds in Botswana opgetree het, en optredes in Dubai reeds bespreek is,  is die optrede by die Atterburyteater die opening van duet  in Suid Afrika.

Besonderhede:

  • Datum: 8 Oktober 2017
  • Plek: Atterburyteater
  • Tyd: 17:00

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om twee dubbel kaartjies te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande vorm in en gebruik die woorde ‘KEVIN EN JANNIE’in die sleutelwoord blokkie.

Kompetisie sluit 2 Oktober 2017.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button