EntertainmentLifestyle

Mentje, kind van Pas-Opkamp

Irma Joubert is terug met die tweede boek uit haar oorlogstrilogie, Menthe kind van Pas-Opkamp.

Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart verskriklik stukkend. Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogwesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid. Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel in die tyd net voor die bevryding wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem.

In hierdie bloederige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe. Maar wat word van die wesie? Hoe oorleef ’n alleenkind dit gedurende die berugte Hongerwinter in 1944 en 1945?

Irma Jourbert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort. Soos gewoonlik is haar navorsing puik. Die Pas-Opkamp het werklik bestaan. Mentje, kind van Pas-Opkamp is by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar teen R295, LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Irma Joubert is een van ons groot uitvoerprodukte. Beide haar Tussen stasie-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste twee boeke van haar oorlogstrilogie, naamlik Immer wes en Mentje, kind van Pas-Opkamp, is in Nederland vertaal waar dit potensiaal het om verder onder die topverkopers te tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 uitgegee.

Kronkelpad verower in 2014 die BCB Publieksprijs in Nederland. In die VSA is The Girl From the Train in 2016 ’n finalis vir die Christi-awards, ’n buitengewone eer vir ’n vertaalde werk en word dit deur Logos Books aangewys as die “Best Book of 2015”.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button