Lekkerleesboeke vir die hele gesin

Geniet hierdie tyd van inperking met die gesin deur pretvolle, opwindende en interessante boeke te lees.

Geniet hierdie tyd van inperking met die gesin deur pretvolle, opwindende en interessante boeke te lees.

Hierdie boeke kan verskaf en aangekoop word teen ’n bekostigbare prys van Lapa-Uitgewers en Catalyst Press. Sit saam met jou kind en geniet die volgende boeke:

Help! My kind is anders  deur Christien Neser 
Kategorie: Selfhelpgids

Hierdie is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus wat jou en jou kind ’n kampioenspan sal maak! Christine Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in die praktyk is.

As dit voel soos liefde deur Didi Potgieter
Kategorie: Romanse

Daar is ’n aantrekkingskrag tussen Natasha en Marc. Albei weet egter die ding gaan hulle seer maak. Sy wil haar nooit weer in ’n huwelik begewe nie omdat dit die regte ding is om te doen nie. Hy glo nie in die huwelik nie en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie.

Weet hoe met wetenskap deur Robert Winsgton 
Kategorie: Niefiksie vir jongmense

Eenvoudige stappe met foto’s sal jong lesers deur elke eksperiment lei. Elke projek bevat belangrike wenke en interessante feite oor die wetenskap, tegnologie, ingeneurswese en wiskunde. Die teks vertel ook hoe die eksperimente in die werklike wêreld toegepas word.

Hierdie boek kan aangekoop word teen R260.

Die boek van fantastiese feite
Die boek van gruwelike geheime
Die klein boek van katastrofiese kattekwaad
Die klein boek van reuserekords

Outeur: Fanie Viljoen
Kategorie: Niefiksie vir jong mense

Hierdie reeks deur die geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, ’n tweede gruwelike geheime en onopgeloste raaisels, ’n derde vertel oor katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en die vierde een bevat reuserekords van alle soorte.

Hierdie boeke kan aangekoop word teen R40 elk.

Kanaän deur Sophia Kapp
Kategorie: Historiese fiksie

Dié verhaal speel gedurende die Tweede Wereldoorlog in 1944 af. Kort voor lank besef Catherine dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende. Sal sy die verskriklike prys kan betaal wat hierdie liefde van haar vereis?

Hierdie boek kan aangekoop word teen R365.

Afskop  deur John Hickman 
Vertaler: Jaco Jacobs

Jason is ’n goeie sokkerspeler… ’n baie goeie sokkerspeler.

Die ander seuns speel al van kleins af saam en Jason is nie seker of hy ooit sal kan inpas nie – ook nie of hy sy vurige humeur sal kan beheer nie.

Hierdie boek kan aangekoop word teen R100.

Hierdie boeke is by toonaangewende handelaars asook direk by Lapa Uitgewers beskikbaar.

Kontak Lapa by 012-401-0700 of besoek hul webblad by www.lapa.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button