POLOKWANE – Pierre was die eienaar van Veritas Risk Protection, wat poligraaftoetse behartig het en in risikobestuur vir besighede en huise gespesialiseer het, Erika was ‘n bekende haarkapper in die stad en die eienaar van Deo Volente Hair and Beauty.
Hulle was ook bekend in atletiekkringe, talle mede-atlete en vriende het hulle skok uitgespreek nadat nuus van die geliefde egpaar se afsterwe bekend gemaak is.
Die egpaar was 21 jaar getroud en laat twee kinders, Zulithe en Altus agter.
Volgens die Departement van Vervoer het die voorste band van ‘n trok gebars en die bestuurder het beheer verloor. ‘n Aantal ander voertuie, asook ‘n 22-sitplek-minibus was in die ongeluk betrokke.
‘n Gedenkdiens vir die Bantjes-egpaar sal Vrydag (môre) om 10:00 vanuit die Agapé Christen gemeente in Kidds Drive gehou word.
Lees meer oor die geliefde Bantjes-egpaar in Review.
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard