Local NewsNews

‘Make-up’, motors en model-wees laat Wilhrisca sprakel

Wilhrisca Ehlers se naam word deur baie mense gekoppel aan skoonheidskompetisies en modelwerk, maar dié 23-jarige vrou het onlangs bewys dat sy meer as net ‘n mooi gesiggie is...

POLOKWANE – Sy was ook onlangs te sien in die televisiewerklikheidsreeks, Die Bosbokkies en vertel dat dit baie lekker was en dat sy dit enige tyd weer sal aanpak.
Wilhrisca het op 22 Oktober gekwalifiseer as ‘n Internasionale Voorkomskonsultant, Modestilus, Trou en Etiketkonsultant en Skoonheidskompetisie spesialis by Colourworks International in Ballito.
“Dit is ‘n sewedagkursus waar jy besig is van 07:00 tot 17:00. Dit word maandeliks aangebied en ek was toevallig die enigste student vir daardie tyd.
“Dit het dit vir my moontlik gemaak om die kursus in slegs vier dae te voltooi,” vertel Wilhrisca oor ‘n koppie koffie.
“Ek het ‘n passie vir die skoonheid en het lank modelwerk gedoen. Nou wil ek eerder agter die skerms inbeweeg.”
Sy is in 2014 gekroon as Miss. Limpopo Mzanzi Africa en in 2015 gekroon as Queen of Limpopo in Louis Trichardt.
“Die kursus was nie maklik nie en ek moes vir alles bo 95% behaal. Die kursus is internasionaal geakkrediteer wat beteken dat ek oorsee ook kan gaan werk.
“Ek kan nou vir korporatiewe besighede klere aankoop en ek kan mense help om die regte klere aan te skaf.
“Ek kan ook mense wat in korporatiewe posisies is etiket leer deur hoe om te sit en hoe om te staan. Asook wat hulle by ‘n tafel moet doen wat gedek is vir meer as een gang.”
Sy kan ook aan klerewinkels raad gee oor hoe om die mannekyne aan te trek en watter modes tans die neiging is.
Sy kan by model-kompetisies die modelle help om te besluit oor watter juwele en skoene saam met ‘n uitrusting werk.
“Ek geniet hierdie werk vreeslik. Ek reis baie rond en het ook geleer om met ander oë na mense te kyk. Ek is baie meer oplettend.
“Ek het my eie praktyk oopgemaak, Elite Personal Consultant en werk in die hele Limpopo en Gauteng. Ek werk saam met verskeie skoonheidsalonne en haarsalonne en wil net die heel beste vir my kliënte hê.
“Ek en my ma het onlangs ons eie besigheid oopgemaak waar ons watertenke vervaardig en verkoop.”
In teenstrydigheid met haar keuse van beroep, geniet Wilhrisca dit om by motors betrokke te wees.
“Ek ry ver om aan verskillende kompetisies deel te neem sodat ek na ovaalwedrenne en ‘drag racing’ kan gaan kyk.”
[email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button