Gymstars Polokwane vier vanjaar hul 11de bestaansjaar en het verlede week hul jaarlikse prysuitdeling gehou waartydens hul gimnaste vir hulle getroue werk deur die jaar beloon was.
Hoogste apparaatpunt op Limpopo Ritmies Vlak 4 tot 7: Allene Albertyn (Vlak 4), Chanté Serfontein (Vlak 7), Micaela Wood (Vlak 5) en Lize van Ryneveld (Vlak 6).
Tuimelgimnaste vir 2017: Lumicke Groenewald (beste vordering in tuimel), Johan Venter (mees toegewydste tuimelgimnas) en Zoë Galloway (beste tuimelgimnas van die jaar).
Vlak vier tot sewe Ritmiese gimnaste. Voor staan Allene Albertyn, Carmen Braack, Chanté Serfontein en Micaela Wood. Agter staan Megan Bekker en Kgansi Mohlala,
Hoogste apparaatpunt op Suid-Afrikaanse Spele Ritmies Vlak 4 tot 7: Kgansi Mohlala (Vlak 4), Chanté Serfontein (Vlak 7), Micaela Wood (Vlak 5) en Lize van Ryneveld (Vlak 6).
Gymstars se kleutergimnaste.
Lize van Ryneveld is aangewys as beste ritmiese gimnas Vlak 4 tot 7 vir 2017. Saam met haar is Jaco Logtenberg.
Wihan Logtenberg ontvang die trofee vir hoogste apparaat punt op Suid Afrikaanse Spele Seuns vlak vyf. Saam met hom is Jaco Logtenberg.
Die vlak vier tot vyf seuns is Andru de Beer, Le Roux Marais en Wihan Logtenberg, JC Logtenberg staan agter.
Andru de Beer en JC Logtenberg deel die hoogste apparaat punt op Suid Afrikaanse Spele Seuns vlak vier. Saam met hulle is Jaco Logtenberg.
Gymstars se tuimelgimnaste. Voor is Lumicke Groenewald en Anju Blackie. In die middel is Danté Schnell, MS Venter en Andru de Beer. Agter staan Durandt Boshoff, Zoe Galloway, Wihan Logtenberg en Johan Venter.