GalleriesSchools galleries
Teddies se harteliefiedag van hoede
Soos jy by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se hek instap groet 'n bord jou wat sê "My hartjie, My liefie" en skielik besef jy Valentynsdag is hier.

Dié jaar het die personeel egter besluit om Valentynsdag so bietjie anders aan te pak. Elke klas het ‘n tema gekry en kleuter moes hoede dra wat by hulle klas se tema pas.
Die kleuters het behoorlik uitgehang en hulle ouers se kreatiwiteit was duidelik sigbaar. Die Plaasbere het verskillende diere op hulle hoede gehad, terwyl die Sirkusbere weer hanswors pruike en selfs springmielies op hulle koppe gehad het.
maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




















