Schools galleries

Top toekennings vir Osie-kore

Albei kore van Laerskool Pietersburg-Oos het spogtoekennings ontvang tydens die Nasionale Eisteddfod.

POLOKWANE – Oosskool se senior koor het vanjaar aan die Nasionale Eisteddfod deelgeneem.

Dié Eisteddfod is by Curro Heuwelkruin aangebied en die Oosskoolkoor het ‘n diplomatoekenning met 94% verwerf. Dit was vir die afdeling eie keuse liedere vir laerskoolkore.

Die senior koor is onlangs as kategoriewenners by die Nasionale Eisteddfod aangewys en spog met ‘n medaljetoekenning. Hierdie toekenning word gedeel met Laerskool Kenmare en St. Mary’s School for Girls.

Oosskool se koorafrigter, Ursula Botha, sê die Nasionale Eisteddfod word jaarliks gehou.

“Kategoriewenners word genooi om die toekenningsaand in Roodepoort by te woon. Die Osies se junior koor het tydens hul optrede 92% verwerf. Ons is dankbaar vir die ondersteuning van ons ouers en personeel. Oosskool bied aan elke Osie die geleentheid om op verskeie platforms deel te neem. Dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar om vir elke leerder ‘n geleentheid te skep waar hul ‘n blywende ervaring sal beleef. Ons is trots op elke Osie wat deel is van ons senior koor. Dit is harde werk, lang ure en laat aande. Ons rig ons dank aan ons Hemelse Vader wat vir die kinders hul talente gegee het.”

Die koor word deur Greta Duvenhage begelei en die skool is dankbaar teenoor dié twee vroue vir hulle harde werk en toewyding.\

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button