CrimeNews

Rooftog misluk – twee rowers soek

‘n Mislukte rooftog by ‘n swaarvoertuigherstel-  en verkope agentskap Donderdagoggend het skeef geloop toe die twee vermeende rowers koue voete gekry het en daar weg is sonder om geld te neem. Die twee mans het Tyco Trucks kort na hulle oopgemaak het, binnegekom. Die bestuurder van die besigheid en ‘n kliënt is aangehou en vasgebind. …

‘n Mislukte rooftog by ‘n swaarvoertuigherstel-  en verkope agentskap Donderdagoggend het skeef geloop toe die twee vermeende rowers koue voete gekry het en daar weg is sonder om geld te neem.

Die twee mans het Tyco Trucks kort na hulle oopgemaak het, binnegekom. Die bestuurder van die besigheid en ‘n kliënt is aangehou en vasgebind. ‘n Tydelike werker, Louise Joubert wat ook voor in die lokaal was, is daarna deur die mans genader omdat hulle gedink het ‘n boks met ‘n sleutel waarin rekenaar toerusting was wat naby haar gestaan het, is die kluis. Toe hulle egter sien daar is nie geld in nie, het hulle haar na die kantoor gedwing en heeltyd gevra waar die kluis met geld is.

” Hulle het die klein kluis wat by my was, egter misgekyk.

Ander werkers het intussen ingekom en hulle is  ook deur die rowers aangehou. Die tydelike werker, Louise Joubert, het net heeltyd vir die rowers gesê dat sy nie weet waar die kluis is nie.

” Iets het gebeur, miskien omdat die ander werkers ingekom het en daar toe te veel mense was, want die een man het buitentoe beweeg. Die ander man het hom gevolg. Ek het na die werkswinkels agter gehardloop waar die ander werkers gestaan het en vir hulle geskree om die polisie te skakel. Intussen het ‘n ander dame , wat ook daar werk, aangekom, sy wou in die kantoor ingaan, maar ek het haar geroep en gesê ek weet nie of die rowers dalk intussen teruggekom het nie, en sy het weggery.

Die een man was geklee in ‘n ou denimbroek met ‘n bruin gordel en ‘n gryserige of beige t-hemp. hy het ‘n effense baard gehad en ‘n pertinente sny naby sy oog en ou akneemerke (swart vlekke) op sy gesig. Die ander man was geklee in ‘n blou tweestuk oorpak.

‘n Waarskuwing is dadelik versprei na lede van die Edwel Buurtwag om op die uitkyk te wees vir die mans, wat albei gewapen is met handwapens.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button