Local NewsNews

Verslaafde vertel

  Maretha Swanepoel POLOKWANE – Kobus Smith (42) het nie soos meeste ander mense met ‘n “Gateway drug” soos dagga begin dwelms gebruik nie. Hy het sommer dadelik met heroïen begin. “Ek was 34 jaar oud,” vertel hy waar hy op die bank sit. “’n Vriend het dit gebruik en ek het dit toe saam …

 

Maretha Swanepoel

POLOKWANE – Kobus Smith (42) het nie soos meeste ander mense met ‘n “Gateway drug” soos dagga begin dwelms gebruik nie. Hy het sommer dadelik met heroïen begin.

“Ek was 34 jaar oud,” vertel hy waar hy op die bank sit.

“’n Vriend het dit gebruik en ek het dit toe saam met hom begin gebruik.”

Twee jaar later het hy op ‘n punt gekom waar hy besef het hy het hulp nodig.

“Ek was 36 en het agter gekom dat ek nie meer die effek kry wat ek soek deur net heroïen te snuif nie. Om die gepaste gevoel te kry, moes ek begin om dit binneaars toe te dien.”

Hy vertel hy het besef hy moet hulp kry. Hy het sonder werk gesit en het na sy ma en boetie toe gegaan.

“Die aand het ek begin ontrekkingssimptome kry en ek het besef ek moet my ma vertel. Hy is in ‘n reabilitasie sentrum opgeneem waar hy vir drie weke lank was. Hy het nie daarna by ‘n ondersteuningsgroep aangesluit nie en het egter terug geval in die gewoonte en verslaaf geraak aan kokaïene. Hy het kokaïene vir vyf maande gebruik.

Die tweede keer wat Kobus opgehou het, vertel hy, was na ‘n naweek wat hy erg kokaïene gebruik het.

“Ek het weer besef ek is op die verkeerde pad en het hulp gekry.”

Hy vertel dat hy nie ondersteuningsgroep-vergaderings bygewoon het toe hy die eerste keer opgehou het nie, maar na sy terugslag het hy besluit om tog die vergaderings weekliks by te woon.

“’n Mens kan nie sonder die hulp groepe ophou nie.”

Oor hoeveel geld hy al spandeer het op dwelms kan hy nie antwoord nie. Hy vertel wel dat hy oor ‘n tydperk van ‘n maand en ‘n half R65 000 daaraan spandeer het.

Hy is nooit gearresteer as gevolg van dwelms nie, maar wel oor geld wat hy verduister het.

“Ek het by ‘n plek gewerk en dit was naby aan die einde van die maand. ‘n Klient het R12 000 inbetaal wat ek moes oor betaal. Ek het niks meer gehad om te verkoop nie. Ek het net R4 000 nodig gehad, maar het die volle R120 000 in my rekening betaal. Ek het alles weer einde van die maand terug betaal, maar ek is steeds gearresteer.”

Kobus sit nou met ‘n vyf jaar opgeskorte vonnis.

Ook het hy en sy vriend ‘n snoepwinkel besteel om geld vir dwelms te kry.

Hy vertel ook dat hy sy familie onbewustelik weg gestoot het, maar dat die goeie vriende wat hy voor die tyd gehad het steeds goeie vriende is.

“Jy voel niks, emosioneel word jy afgestomp. Jy wil alles en almal manipuleer om te kry wat jy soek. Jy gee glad nie om oor ander nie.”

Fisies, vertel Kobus, is dy kort termyn geheue aangetas.

“Ek het ‘n fotografiese brein gehad, maar dees dae sukkel ek om te onthou waaroor ek besig is om te praat.”

Ook vertel hy dat, alhoewel artritus in die familie is, dit op ‘n vroeer ouedrdom by hom gediagnoseer is.

“My raad aan ander mense wat dwelms gebruik is dat hulle nie moet bang wees om vir hulp te gaan nie. Niemand kan jou dwing om gehelp te word nie, dis ‘n besluit wat jy self moet neem. Die mense by die reabilitasie enstrum oordeel jou glad nie. Hulle verstaan hoe jy voel.”

Kobus is tans twee en ‘n half jaar skoon en tot op hede het hy nog nie weer lus gehad om dwelms te gebruik nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button