NewsSchools

Juan is skool se trots na sy kunstefees prestasies

Juan Krüger is slegs 14 jaar oud, maar het groot hoogtes bereik tydens die Bosveld Kunstefees

Juan Krüger is slegs 14 jaar oud, maar het groot hoogtes bereik tydens die Bosveld Kunstefees wat in Mei in Mokopane plaasgevind het.

Hy het die volgende prestasies behaal:

• Twee A+++ (95%-100%) vir gedramatiseerde prosa en Engelse poësie;

• Twee A++ (90%-94%) vir samespraak en gedramatiseerde poësie;

• Vier A+ (85%-89%) vir sy mo-noloog, improvisasie, verhaalkuns en formele prosa, asook

• Een A (80%-84%) vir formele poësie.

Juan het nie altyd daarvan gehou het om voor te dra nie. “Ek het reeds in gr. 4 begin. My ma het my gedwing en dit was nie altyd lekker nie, maar soos ek daarmee aangegaan het, het dit lekkerder geraak. Dit help baie met my selfvertroue,” het hy vertel.

Juan is nou ‘n gr. 8 leerder van Hoërskool Tom Naudé. Volgens sy ma, Karen Krüger, is hy die enigste leerder van Tom Naudé wat aan die Bosveld Kunstefees deelgeneem het.

“Dit wat ek hierdie jaar behaal het, is vir my ‘n baie groot prestasie. Ek kan vir almal wys ek is nie ‘n ‘mamma’s boy’ nie. Ek doen dit omdat ek kan en nie omdat ek moet nie,” het Juan bygevoeg.

Vir sy toekoms het hy nie planne om met drama aan te gaan nie. “Ek wil na skool ‘n advokaat word, maar die drama sal baie help met my selfvertroue.”

Hy het vertel hoe sy ma hom inspireer. “Sy druk my om goed te doen, maar eendag gaan ek dankie sê.”

Iets wat niemand van hom weet nie, is dat hy doof is in sy linkeroor. “Dit is een van die redes waarom my ma my gedwing het om met voorspraak te begin.”

Laastens het hy vertel van goeie raad wat hy gekry het. “The only thing that can bring you down in life is a bad attitude.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button