CrimeNews

Gesteelde items van bykans R5 000

Twee van die drie verdagtes wat hulleself as kopers voorgedoen het, is verlede Woensdag by Obaro op die dorp vasgetrek.

Twee van die drie verdagtes wat hulleself as kopers voorgedoen het, is verlede Woensdag by Obaro op die dorp vasgetrek.

Die voorval het omstreeks 10:58 plaasgevind. Me. Irene Auret ‘n werknemer by Obaro, het op die geslote kringtelevisie die drie verdagtes opgemerk.

Sy het dadelik haar bestuurder, mnr. Franja van Heerden hiervan in kennis gestel. Hulle het onmiddelik alle in- en uitgange van die perseel gesluit.

Auret en Van Heerden het PJP Sekuriteit gekontak en hulle het hulle, saam met lede van die dorp se buurtwag na die winkel gehaas.

Die drie mans is Zimbabwiese immigrante en Auret en Van Heerden het hulle voorgekeer en hulle oor hulle voertuig uitgevra.

Nadat die persone wat gekontak is, opgedaag het, het een van die drie verdagtes buite die hek gaan staan en gesê hy wil sy selfoon vir ‘n vriend oorkant die pad gee. Hy het skielik begin hardloop met Auret en lede van van PJP Sekuriteit en die buurtwag wat hom agterna sit. Hy het egter daarin geslaag om te ontsnap.

Die res van die spanne het die ander twee gearresteer. Die verdagtes is na ‘n oop kantoor in die gebou geneem en hulle is beveel om hulle sakke leeg te maak.

Een van die verdagtes het goedere van Obaro ter waarde van R4,500 in sy besit gehad. Na wat verneem word, word hierdie drie ook gesoek in verband met diefstal by Obaro Marble Hall, Obaro Groblersdal en Build-It Groblersdal.

Van Heerden het sy dank teenoor Auret betuig vir haar uitstekende reaksie. Hy het ook PJP Sekuriteit en mnr. Hannes van Wyk hoof van die dorp se buutwag, vir hulle uitstekende reaksietyd en bystand bedank.

Die goedere ter waarde van R4,500 wat een verdagte by hom gehad het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button