Local NewsNews

Inwoners sê waarom hul help

Om bloed te skenk is om die geskenk van lewe aan 'n onbekende te gee.

POLOKWANE – Om bloed te skenk is om die geskenk van lewe aan ‘n onbekende te gee. Dit kos niks behalwe ‘n paar minute van jou tyd nie.

Review het met inwoners van die stad gaan gesels om te hoor hoe hulle daaroor voel om bloed te skenk.

Harriet Masilane het gesê sy het geen probleem daarmee om bloed te skenk nie. Sy was 22 jaar oud toe sy die eerste keer bloed geskenk het en is glad nie spyt daaroor nie. “Ek skenk gewoonlik by Savannah Mall en ek skenk bloed omdat dit mense se lewens kan red,” het sy gesê.

Ockert Fernandes, wat 16 jaar oud was toe hy die eerste keer bloed geskenk het, het gesê hy skenk bloed omdat daar mense is wat dit nodig het. Hy skenk gewoonlik by die bloedbank in Potgieterstraat.

Mafori Lesufi het egter vertel dat hy te bang is vir naalde om bloed te kan skenk. “Ek is heeltemal te bang vir naalde en het nog nooit bloed geskenk nie.”

Bernard Masipa, het vertel dat hy lank gelede wel bloed geskenk het, maar nie meer tyd kry om dit te doen nie.

“Ek het nie eintlik meer tyd om te skenk nie, maar sal graag weer wil skenk.

Ek was 35-jaar oud toe ek die eerste keer bloed geskenk het.”

Ben Vorster het trots vertel dat hy ‘n groot voorstaander van bloedskenk is.

“Ek glo dis die regte ding om te doen. My hoofrede is dat ek glo wanneer jy jou liggaam gereeld gewoond maak aan bloedverlies, gaan jou liggaam nie so vinnig in skok in as jy dalk in ‘n ongeluk kom en baie bloed verloor nie,” was sy mening.

Ook Ben was 16 jaar oud toe hy die eerste keer bloed geskenk het en hy het verduidelik dat hy direk by die bloedbank gaan bloed skenk.

Germinah Makofane het gesê sy hou daarvan om mense te help en voel dat sy ander help deur bloed te skenk.

Sy het vertel sy skenk gewoonlik bloed by Savannah Mall en het ook op 16 -arige ouderdom vir die eerste keer bloed geskenk.

Mariska Strydom het vertel sy kan ongelukkig nie bloed skenk nie, aangesien kanker by haar gediagnoseer is.

Lina Hattingh het gesê sy skenk bloed want dit is vir haar lekker om mense te help.

Sy het hierdie jaar vir die heel eerste keer bloed geskenk by haar skool, die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

Haar vriendin, Bianca Botha, was eerlik en het gesê sy is te bang vir naalde om bloed te skenk.

Sy het gesê sy het nog nooit bloed geskenk nie en sal ook nie sommer gou begin nie.

Anja Botha en Belinda Butler het verduidelik hulle is nog nie oud genoeg om bloed te skenk nie, maar het vertel hulle beide gaan later hierdie jaar, wanneer hulle 16 jaar oud is, begin bloed skenk.

“Ek wil mense help en deur bloed te skenk sal ek dit kan doen,” het Belinda belowe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button