Bedskenking maak ‘n groot verskil
Polokwane Nasorgsentrum het verlede Dinsdag 'n groot verrassing ontvang toe Bolivia Lodge 16 beddens aan hulle geskenk het.
POLOKWANE – Polokwane Nasorgsentrum het verlede Dinsdag ‘n groot verrassing ontvang toe Bolivia Lodge 16 beddens aan hulle geskenk het.
Saartjie du Toit, die huismoeder by die nasorgsentrum, was in ekstase oor die skenking. “Hierdie kinders het nog nooit op sulke beddens geslaap nie, hulle gaan so lekker slaap,” het sy met trane van blydskap in haar oë gesê.
Bolivia Lodge bemarkingsbestuurder, Sonja Randall, sê omrede die lodge aan streng vereistes moet voldoen, kon hulle nie meer die beddens gebruik nie.
“Die beddens makeer niks, en kan nog gebruik word, daarom het ons besluit om hulle aan mense wat hulle nodig het te skenk,” sê sy.
Hulp in Elke Behoefte, Polokwane Kinder en Gesinsorg, en Myngenoegen Shelter het ook beddens ontvang.



