Local NewsNews

‘Lig vir Elmie’-dans

In 'n onlangse Review is berig oor Elmarie Kruger wat 'n biopsie en kolonskopie moes ondergaan.

POLOKWANE – In ‘n onlangse Review is berig oor Elmarie Kruger wat ‘n biopsie en kolonskopie moes ondergaan.

Intussen is dit bevestig dat sy wel kanker het, en sy gaan op 10 Maart ‘n operasie ondergaan.

‘n Dans en veiling is verlede Vrydag by Bolivia Lodge gehou om geld in te samel vir Kruger se mediese onkoste aangesien sy en haar man, Deon, nie ‘n mediese fonds het nie.

“Deon het ‘n paar jaar terug sy werk verloor as gevolg van siekte en ons het ons mediese fonds ook verloor,” vertel sy.

‘n Bedrag van R34 800 is tydens die dans, wat gereël is deur familielid Nici Vogel en Kruger se dogter, Leselle Kruger de Beer, ingesamel.

Vogel het Bolivia Lodge, René van der Merwe van Mall of the North, Mariaan Snyman van BSB Drukpers en Nolene Potgieter van die Marco Saal, die borge wat kos vir die geleentheid voorsien het, en almal wat kontant bygedra het, bedank.

“Die kos wat oorgebly het, het ons by behoeftige mense gaan aflewer,” sê Vogel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button