Wees meer waaksaam teen enige misdaad
Die bestuur van Edwell Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die inwoners van Eduanpark en Welgelegen versoek om meer waaksaam en paraat te wees, asook om betrokke te raak by die GPF.
POLOKWANE – Die bestuur van Edwell Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die inwoners van Eduanpark en Welgelegen versoek om meer waaksaam en paraat te wees, asook om betrokke te raak by die GPF.
Na verskeie suksvolle en onsuksesvolle rooftogte in die Loganstraat-omgewing, het die Edwell bestuur gemaan dat inwoners versigtig en op hulle hoede moet wees wanneer hulle gaan stap omdat dit blyk dat die veld tussen Loganstraat en Makro gebruik word as ‘n wegkruipplek vir booswigte wat mense inwag en wil beroof. Daar is ook ‘n versoek gerig aan inwoners in hierdie gebied om enige verdagte voertuie so gou moontlik aan te meld by die noodnommer: 074 16 EDWEL(33935)
“Enige mense in hierdie omgewing wat op welke manier met patrollies kan help kan ‘n GPF lid kontak of raadpleeg oor hoe om betrokke te raak. Die bystand hiermee sal baie waardeer word aangesien almal se hulp nodig is om Edwell ‘n mistaadvrye sone te maak,” het Antuanette Pretorius, woordvoerder van Edwell, gesê.
Enige persone wat betrokke wil raak by Edwell GPF patrollie kan Thomas skakel by 084 200 0683.



