Local NewsNews

Toekomstige bruide kan kies en keur

Voornemende bruide het op Saterdag 18 Mei die geleentheid gehad om hul droomdae te beplan by Meropa Casino and Entertainment World se bruidskou.

POLOKWANE – Voornemende bruide het op Saterdag 18 Mei die geleentheid gehad om hul droomdae te beplan by Meropa Casino and Entertainment World se bruidskou.

Hier kon hulle kyk na uitstallings van verskillende onthaalbesighede asook rokke van Mengouchi Haute Couture en KC Couture.

Anda-Lucia Jordaan en Sharon Stander van Alusha-Art was verantwoordelik vir die grimering van die modelle van Mengouchi Haute Couture terwyl Surika Viljoen die modelle se hare gedoen het.

Na die modevertoning het Alusha-Art ook “glitter tattoos” ten bate van die Lig vir Elmie-fonds gedemonstreer en verkoop.

Dié fonds is gestig om finansiële bystand aan Elmarie Kruger te verleen nadat sy met kanker gediagnoseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button