Local NewsNews

Hennie is nou op die herstelpad

Vir Hennie Pheiffer, 'n bekende sakeman van Polokwane en eienaar van Mighty Electrical in Peninapark, wat op 13 Mei in 'n ernstige motorongeluk naby die Kranskop Tolplaza beseer is, is die lewe amper weer normaal.

POLOKWANE – Vir Hennie Pheiffer, ‘n bekende sakeman van Polokwane en eienaar van Mighty Electrical in Peninapark, wat op 13 Mei in ‘n ernstige motorongeluk naby die Kranskop Tolplaza beseer is, is die lewe amper weer normaal.

Hennie het in die agterkant van ‘n vragmotor vasgery en met die impak het sy voertuig gerol.

Hennie is in die Montana Netcare Hospitaal in Pretoria behandel. Hy het verskeie beserings tydens die ongeluk opgedoen insluitende ‘n gebreekte borsbeen, ribbes en beserings aan sy regterhand.

Aangesien hy nog op die herstelpad is, kan Hennie nog nie gaan werk nie, en behartig maar die belangrikste sake by die huis.

“Ek kan glad nie kla oor die diens wat ek in die hospitaal gekry het nie, hulle was baie goed vir my, maar dis altyd beter om by die huis gesond te word.” vertel Hennie.

Omdat hy sy borsbeen en ribbes gebreek het, kan Hennie nie veel rondbeweeg nie en glad nie motor bestuur nie. Sy vrou, Lizel, moet hom rondry wanneer hy iewers heen moet gaan.

“Daaroor kla ek glad nie. Dis te seer om te bestuur en my mobiliteit is beperk, maar nou kan ek en my vrou lekker baie tyd saam spandeer in die motor. Daaroor sal ek nooit kla nie.”

Lizel sê sy is baie dankbaar dat haar man nog lewe. “Hy moet nou net heeltemal gesond word. Ek wil baie dankie sê vir almal wat mooi boodskappe gestuur het en wat ons so pragtig ondersteun het. Julle beteken vir ons baie in hierdie moeilike tye,” sê sy.

Hennie sê hy is dankbaar is vir die hulp en ondersteuning van die Polokwane-gemeenskap.

“Daar is nie woorde om dankie te sê vir die hulp en bystand nie. Die gemeenskap is verseker ‘n steunpilaar en niemand besef dit meer as ons nie. Baie dankie aan almal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button