CrimeNews

Plaaslike psigiater se prokureur beweer getuienis teen hom is ontluister

Die saak teen plaaslike psigiater Barend Vorster draai reeds vyf jaar lank in die hof en hy het reeds in verskeie plaaslike howe in Polokwane, Seshego, Mankweng en daarna in Mokopane verskyn gedurende dié tyd, volgens Leon Steyl, 'n vriend van hom.

POLOKWANE – Die saak teen plaaslike psigiater Barend Vorster draai reeds vyf jaar lank in die hof en hy het reeds in verskeie plaaslike howe in Polokwane, Seshego, Mankweng en daarna in Mokopane verskyn gedurende dié tyd, volgens Leon Steyl, ‘n vriend van hom.

Vorster is op 25 November 2010 in hegtenis geneem en ‘n paar dae daarna op borgtog vrygelaat.

Volgens sy prokureur, Wessie Wessels van JW Wessels en Vennote in Pretoria, is daar altesaam 15 klagte aanhangig gemaak teen sy kliënt. Dit sluit verskeie klagtes van onsedelike aanranding, die besit van kinderpornografie en twee klagtes van verkragting in.

Die saak is in Maart 2013 van die rol verwyder maar Vorster is weer binne ‘n paar dae daarna aangekla.

Volgens Wessels is mense deur die ondersoekspan geskakel en gevra of hulle klagte wou lê.

Hy beweer dat getuienis ontluister is en sy verweer is dat die staat kwelsugtig is en nie behoorlik ondersoek gedoen het nie.

Hy beweer dat Vorster ten alle tye sy samewerking gegee het, dat hy net sy werk gedoen het en ten alle tye die waarheid gepraat het.

Volgens Wessels is die saak na Mokopane geskuif deur die Limpopo Streekshof president, waar dit voor landdros Gerhard Pretorius voorkom, omdat Vorster reeds bekend is aan die plaaslike howe.

Een getuie het reeds getuig in die hof en ‘n persoon wat as assessor aangestel is, het haarself rekuseer (onttrek) nadat die verdediging daarop gewys het dat sy ook in die hospitaal praktiseer, of diens doen waar Vorster tans praktiseer, en die eerste staatsgetuie ken.

Vorster verskyn weer op 28 en 29 Julie in die Mokopane landdroshof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button