Gesinsman só ter ruste gelê
Review het twee weke gelede berig oor die dood van Hennie Engelbrecht (38).
MAKHADO – Review het twee weke gelede berig oor die dood van Hennie Engelbrecht (38).
Engelbrecht is op 17 Julie op slag dood in ‘n motorongeluk op die Braambos-pad.
Volgens sy vrou, Jacoba, het hy na ‘n vriend gegaan op die Lugmag Basis in Makhado om na ‘n bakkie te gaan kyk wat hy wou koop.
“Oppad terug het hy op die Braambos-pad vermoedelik beheer verloor oor sy bakkie en verongeluk,” het sy gesê.
Engelbrecht sal onthou word vir sy vriendelike geaardheid en die behulpsame mens wat hy was. Engelbrecht word oorleef deur sy vrou, Jacoba, dogter Ankia (15), seun Hennie (Boeta) (14), pa Hendrik, ma Johanna en suster Elize.
Sy begrafnisdiens was op 26 Julie van-uit die Veritas-gemeente (Clouds End) gehou. Hendrik, Hennie se pa, het aan Review vertel dat Hennie ‘n begrafnispolis gehad het en dat hy finansiële voorsorg getref het vir sy begrafnis.



