Local NewsNews

Die toekoms lyk mooi vir Sharon

Sharon Stander is 'n nuwe gesig by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) in Polokwane en sy vertel sy sien vreeslik uit na die nuwe uitdagings wat vir haar voorlê.

POLOKWANE – Sharon Stander is ‘n nuwe gesig by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) in Polokwane en sy vertel sy sien vreeslik uit na die nuwe uitdagings wat vir haar voorlê.

Sharon is gebore in Polokwane en het hier grootgeword. Sy het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Pietersburg voltooi.

Na skool het sy ‘n modelskool, Superia Models, begin in 1996.

“Deur die jare het ek ander goed gedoen en by ander plekke ook gewerk, maar die modelskool het steeds aan die gang gebly. Ek het die skool egter verlede jaar in April finaal gesluit.”

Sy het vir ‘n rukkie gesigverf en grimeerkuns gedoen, maar toe die posisie by Kansa met beide hande aangegryp.

“My posbeskrywing is gemeenskapsmobiliseerder. Ek is in beheer van verskeie projekte soos die Shavathon, Jail-and-Bail, Sanlam-gholfdae en die Cuppa-projek wat regdeur die jaar bestuur word.”

Ook vertel sy het sy heelwat nuwe idees om fondse vir Kansa in te samel en in Oktober vind die Pink Trees for Pauline weer plaas. Die jaarlikse braveiling sal voortgaan en Sharon verkoop die glitter tattoos waarvan die wins vir Kansa gaan.

“Ek moet net nog uitklaring kry oor die gom wat ons gebruik; dit is nie giftig nie, maar dit moet aan Kansa-standaarde voldoen.”

“Ek is baie opgewonde oor die werk en vreeslik dankbaar vir die geleentheid. Ek is soos ‘n kind met ‘n nuwe speelding.

“Hierdie is ‘n nuwe hoofstuk in my lewe, ‘n nuwe begin.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button