POLOKWANE – Die Myngenoegen Shelter gaan nie meer verskuif nie.
“Die koste aan só ‘n skuif verbonde is te hoog en dus bly ons by Plot 31, Myngenoegen,” sê Christa van Tonder, sekretaresse van die Shelter.
“Die houthuisies het dringend sorg nodig en ons het hulp nodig met die onderhoud daarvan. Ons is ook opsoek na nog houthuisies, karavane en stene. Met die stene kan ons nog sementhuisies bou, wat baie minder versorging nodig het. Ons kan op die oomblik net ongeveer 33 mense huisves. Indien ons nog houthuisies en karavane kry, kan ons meer huisvesting bied.”
Ook is die bestuur van die Shelter opsoek na mense uit die gemeenskap wat op die kommittee kan dien.
Hulle benodig dringend iemand wat funksies kan reël en fondse genereer.
“Ons versorg ‘n man, wat doeke nodig het, asook ‘n waterproof vir sy bed. Dit sal sy versorging net soveel makliker maak. As iemand dalk kan help, sal ons dit baie waardeer.”
Dan benodig die toe-vlugsoord enige wol en afvallappies. “Dit kan die inwoners besig hou, en hulle kan artikels maak wat weer verkoop kan word, vir fondse,” sê Van Tonder.
“Artikels wat baie skaars by die Shelter is, is koffie, tee, suiker, melk, margarine en mayonnaise. Hulle het ook skoonmaakmiddels nodig. Klere is ook altyd welkom. Die Shelter soek veral mansklere in die klei-ner nommers asook Beddegoed, gordyne en enigiets waarvan inwoners ontslae wil raak.”
Inwoners word gevra om met die volgende betalings te help.
Kragrekening:
P M Booyzen, ABSA
Rekening: 231 0000 119
Verwysing: 5763494741
Waterrekening:
Dalmada Water, ABSA
Rekening: 1150 260 716
Verwysing: M031
Vir ‘n bottel gas: R1 035.
Unique Welding Alloy
Nedbank-rekening: 1039776973
Kode: 128842
Verwysing: Myngenoegen Shelter
“Hulle lewer vir ons die gas af, maar dit moet vooruit betaal word,” verduidelik Van Tonder.
Bankbesonderhede vir geldelige bydraes.
Myngenoegen Shelter
ABSA-spaarrekening
Kode: 632005
Rek: 927 566 7290
“Dankie aan elkeen wat betrokke is by ons Shelter,” sê Van Tonder.



